Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Bachelorette: Nie al die hofmakers maak goeie indruk
Lunga (30) wat Qiniso stilgemaak het sodat hy sy toespraak kan klaar maak. Hy het nie ’n goeie indruk op haar gemaak nie. Foto: Verskaf

Die mans wat hulself in die eerste episode van The Bachelorette SA voorgestel het aan die ster, Qiniso van Damme, het nie almal ’n goeie indruk gemaak nie.

Soos die gebruik is het Van Damme, ’n model en die eerste ster van die program, vir die mans gewag wanneer hulle uit die motor klim en haar vir die eerste keer tegemoetloop.

Die huis waar die liefdesreis verfilm is, is vanjaar langs die Vaalrivier.

“Hy het na my toe gepraat in plaas van met my,” (he spoke at me, not to me) het Qiniso gesê oor haar ontmoeting met Lunga (30), een van die laaste mans om haar te groet. Hy het in tradisionele Xhosa-klere opgedaag en met haar Xhosa gepraat.

Terwyl hy ’n toespraak gemaak het, het sy hom teruggegroet. Hy het haar stilgemaak en gesê: “Bly stil sodat ek myself kan hoor dink”. Toe hy klaar was het sy weer gevra: “Kan ek nou maar praat?”

Sy woorde het haar nie beïndruk nie en sy het ná die tyd gesê sy het nie ’n goeie eerste indruk van hom nie.

Bradley (29) van Pretoria het haar probeer beïndruk met ’n kletsrympie. Hy het Qiniso gevra om ’n ritme te maak met haar mond (beatbox), en toe sy dit doen, kon hy nie lekker byhou by haar ritme nie. Sy was wel beïndruk dat hy haar in ’n Afrikataal kon groet.

Hy was vol selfvertroue dat dinge goed gegaan het, maar sy het later gesê sy gee die ontmoeting vyf uit tien.

Qiniso van Damme, model en meesterstudent, en die eerste ster van ‘The Bachelorette SA’. Foto: Verskaf

Kganya (23) het haar met ’n breë, byna geforseerde glimlag gegroet en ’n boksie vol leë papiertjies aan haar oorhandig wat simbolies moet wees van hul pad saam wat nog moet geloop word. Sy was afgehaal dat daar nie sjokolade in die houer is nie.

Ten (36) het sy lang hare oor sy skouers gegooi en ook sy taalaanleg gewys toe hy met Quiniso Spaans gepraat het. Hy sê vir haar hy het in Madrid, gewoon, en sy sê, “ek ook!” Ten het gesê hy hoop sy “is so diep en geestelik soos hy”.

Qiniso en Dylan (27) se ontmoeting het uitgestaan bo die res omdat hy nie soos die ander uit ’n motor geklim het nie, maar sommer met sy fiets gery het tot by haar. Dylan, met ’n Amerikaanse aksent, het gesê hy is mal oor die buitelewe en musiek, en het daarom vir Qiniso ’n musiekspeler gegee om hom te onthou.

Qiniso was mal oor Ruan (26) van Bloemfontein se Afrikaanse aksent. Sy het ook gesê sy voel aangetrokke tot hom omdat hy ook “nerdy” is, soos sy.

Die ander mans wat sy ontmoet het is Henk (27), ’n krieketafrigter; Keelan (26), ’n bemarker met ’n liefde vir joga, Vuyani (28), ’n persoonlike afrigter wat mal is oor basketbal, Aviwe (25), ’n model van Johannesburg; Kyran (33); ’n natuurbewaringspesialis van Kaapstad; Justin (26), ’n atleet van Johannesburg en Peter (27), ’n skoolmaat van Qiniso van Pretoria.

Aan die einde van die episode word kykers met vrae gelos oor ’n misterieuse limousine wat by die skemerkelkie opdaag. Daar kan gehoor word hoe die mans sê: “dit is ’n vrou”.

The Bachelorette word Donderdae om 19:30 op M-Net (DStv- kanaal 101) uitgesaai.

Meer oor:  The Bachelorette Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.