Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
'Bachelorette' se Qiniso vry die manne warm
Qiniso en Aviwe (25), van Johannesburg, soen mekaar by die skemerkelkiegeleentheid.

Dat die ster van The Bachelorette SA, Qiniso van Damme, aan die einde van die aand nog rooisel aan haar lippe gehad het, was ’n wonder nadat sy links en regs soene uitgedeel het.

Gedurende Donderdagaand se episode op M-Net het Qiniso vryerig geraak met nie minder nie as vyf mans. Hulle is Gareth, Peter, Henk (ook bekend as Swazi), Aviwe en Dylan.

Qiniso en Dylan (28), van Kaapstad, soen by die skemerkelkiegeleentheid.

Qinsio het voorheen bewys dat sy nie bang is om die man eerste te soen nie en sy het haar ekstroverte persoonlikheid weer ten toon gestel toe sy Peter en Aviwe eerste gesoen het.

Qiniso soen Gareth (27), van Kaapstad, op hul alleenafspraak.

Henk en Gareth het weer die inisiatief geneem en haar tydens ’n alleenoomblik gesoen. Gareth het ’n alleenafspraak met haar gehad, terwyl Henk op ’n groepafspraak sy kans gewaag het.

Die oomblik tussen haar en Peter was ook tydens ’n alleenafspraak, wat hy met baie moeite gewen het deur met die ander mans mee te ding.

Qinsio bekyk Henk (ook bekend as Swazi) se arms voordat hulle op ’n groepafspraak soen.

Tydens die skemerkelkie het Dylan haar eenkant geroep en haar ywerig gekomplimenteer oor haar “teenwoordigheid” in die huis en die invloed wat sy op al die mans het. “Kom hier, jou oulike ding,” het sy vir hom gesê, haar arm om hom gesit en hulle het gesoen.

Hoewel daar oomblikke van vervoering was, was daar ook oomblikke van frustrasie toe Qiniso baie ernstig geraak het met Craig (31), van Johannesburg, oor sy algemene houding.

Qiniso en Peter op hul alleenafspraak, waar hulle ook gesoen het.

Sy het hom daarvan beskuldig dat hy soos ’n player optree wat haar aanmekaar vlei oor haar voorkoms eerder as om haar beter te leer ken en teenoor haar oop te maak.

Sy het haar vir hom vervies omdat hy haar in die rede geval het en sy het hom ook plek-plek stilgemaak. Sy het gesê sy soek ’n trouman, nie iemand wat speletjies met haar gaan speel nie.

“Ek wonder of jy iemand gaan wees wat in voeling is met jou agtergrond en jou spiritualiteit, of gaan jy iemand wees wat na my kyk asof ek ’n stuk vleis is,” het sy vir Craig gevra.

Qiniso groet vir Craig.

Vuyani (28), van Johannesburg, het die twee se gesprek afgeluister en wou Craig terugkry. Craig het by vorige skemerkelkiegeleenthede Qiniso se aandag van Vuyani afgelei en hy het dit nie gou vergeet nie. Vuyani het toe dieselfde gedoen aan Craig deur hul ernstige gesprek te onderbreek en Qiniso het dit dadelik agtergekom.

“Vuyani is ook besig om my te irriteer,” het sy gesê en genoem dat sy presies weet waarmee hy besig is. “Hy gebruik nou hierdie oomblik om wraak te neem.”

Uiteindelik, by die roosseremonie, het sy Craig en Gregory (28), van Houtbaai in Kaapstad, huis toe gestuur. Gregory het gesê dit is jammer dat hy moet waai en dink hy moes dalk meer teenoor haar oopgemaak het.

Vuyani se slinkse optrede het nie in sy guns gewerk nie, want hy was die laaste van die 14 mans om ’n rooi roos te kry om aan sy lapel vas te steek.

The Bachelorette SA word Donderdae om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

Meer oor:  Qiniso Van Damme  |  The Bachelorette Sa  |  Romanse  |  Seks  |  Realiteitsreeks  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.