Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Batwoman is eerste gay superheldin in eie TV-reeks

Die Australiese aktrise Ruby Rose (32) het die hoofrol gekry om die eerste lesbiese Batwoman in ’n televisiereeks te vertolk.

Sy het Dinsdag op Instagram gesê van haar kinderdae af was dit haar droom om hierdie rol te kan speel. Sy is verheug en opgewonde, maar ook senuweeagtig.

Sy het aan die vermaaktydskrif Variety gesê sy sou wat wou gee om ’n gay karakter in ’n televisiereeks te kon sien toe sy ’n jong lid van die LGBT-gemeenskap geword het. Sy het altyd alleen en uitgesluit gevoel omdat gay mense nie in reekse verteenwoordig is nie.

Ruby Rose Foto: Getty Images

Batwoman het vir die eerste keer in 1956 in DC-strokies verskyn as Kathy Kane, wat moontlik in ’n verhouding met Batman is. In 2006 is die karakter herskep as Kate Kane, ’n gay karakter van Joodse afkoms.

Volgens Variety sal die nuwe Batwoman afgesien van gay, ook ’n hoogs opgeleide straatvegter wees met ’n passie vir sosiale geregtigheid en wat haar mond vir niks hou nie.

Die nuwe reeks sal uitgesaai word op The CW, die Amerikaanse netwerk wat ook ander superheld-reekse soos Arrow, The Flash en Supergirl uitsaai.

Rose sal in die Kersseisoen haar debuut as die karakter in ’n oorbruggingsepisode in Arrowverse maak.

Die aktrise was voorheen te sien in Netflix se tronkdrama Orange is the New Black en sy is nou te sien in die spanningsriller The Meg oor ’n prehisotriese haai wat sy terugkeer maak. Dit begin vandeesweek in teaters wys.

Die eerste episode van die Batwoman-reeks sal in 2019 die eerste keer gewys word.

Meer oor:  Ruby Rose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.