Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Bekendes ‘keer terug’ na tuisdorpe in nuwe reeks

Suid-Afrika se ryk kostradisie en die samesyn tussen geliefdes wat om stampvol tafels in dié tradisie deel, het ’n egpaar van Kaapstad geïnspireer om ’n TV-reeks met ’n kinkel te skep.

Rolanda Marais is een van die bekendes wat ’n nostalgiese reis in ‘Terugkeer’ onderneem. Foto: Argief

In Terugkeer, wat binnekort op Via (DStv-kanaal 147) begin, pak ses bekendes hul tasse en keer een ná die ander na hul onderskeie tuisdorp terug. Dié bekendes sluit Rolanda Marais (oorspronklik van Wellington), Shimmy Isaacs (Worcester), Martelize Brink (Paarl), De Wet Barry (Op-die-Berg), Maurice Paige (Heidelberg) en Jack Parow (Arniston) in.

Kykers kry dan die geleentheid om dié bekendes se tuisdorpe deur hul oë te verken, voordat hulle hul tuiskoms met familie en vriende om ’n etenstafel vier.

Die reeks is geskep deur Hevette Ates en haar man, Mustafa, wat sê hulle is “bly en opgewonde” om Terugkeer ná twee jaar se beplanning en harde werk uiteindelik op die kassie te sien.

“Die mense in ons kringe is beslis nét so bly – as ’n mens vir so lank oor iets praat, klink dit later of jy stories opmaak!” sê Hevette.

“Dit was wonderlik toe die kanaal (Via) en die borg (Olof Bergh-brandewyn) inkoop op die idee, en lekker om te sien hoe die produksiespan – en die bekende gaste wat deelgeneem het – die Terugkeer-konsep hul eie maak.”

Hevette Ates en haar man, Mustafa, wat ‘Terugkeer’ geskep het. Foto: Verskaf

Sy sê dié konsep is eintlik te danke aan haar man se herkoms.

“Mustafa is in Istanboel gebore en ’n rolprentmaker. Vanweë Turkye se ryk geskiedenis en verskeie geografiese invloede, het hulle ’n ryk koskultuur. Sy belangstelling in Suid-Afrika se groot verskeidenheid tradisionele geregte, die vertelkuns in reekse soos Chef’s Table, en lekker eet saam met my familie in Prins Albert, was die begin van Terugkeer. Die idee om bekendes te betrek en die dorpe deur hul oë te ontdek, het later bygekom.”

Die reeks is in Augustus verfilm, kort nadat die verbod op alkoholverkope vir die tweede keer opgehef is. Ondanks Covid-19-maatreëls, soos die aandklokreël, wat tydens die verfilming van TV-reekse soos dié toegepas moes word, het bekendes die nostalgiese reis met mening aangepak.

“Die oomblik wat die bekendes hul tuisgrond betree het, was hulle sommer net gewone mense,” sê Hevette.

“Stories en herinneringe wat eers weer gedurende verfilming by hulle opgekom het, is spontaan gedeel. Elke episode eindig met ’n ete saam met ’n groepie familie of vriende. Daar was nostalgie, samesyn en geselligheid.”

Kykers met ’n skerp oog sal ook oplet dat die eerste seisoen van Terugkeer uit ’n kompakte ses aflewerings bestaan – nie soos talle ander reekse uit 13 of meer episodes nie.

“ ’n Mens bou en behou lekker momentum so, en kykers gaan die emosie van elke episode beter onthou,” sê Hevette daaroor.

“Daar is soveel kosbare inhoud verfilm. Ek is bly ek is nie in die redigeerder se skoene nie. Die episodes kon eintlik heelwat langer wees.”

  • Terugkeer word van 2 November af elke Maandagaand om 19:30 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai.
Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Inperking  |  Covid  |  Terugkeer  |  Jack Parow  |  Martelize Brink  |  Tv  |  Via  |  Maurice Paige  |  Rolanda Marais  |  Dstv
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.