Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Binnelanders’ as beste sepie aangewys

Die kykNET-sepie Binnelanders is Saterdag as Suid-Afrika se beste sepie aangewys op die vierde Royalty Soapie-toekenningsaand.

Binnelanders
Hans Strydom as At Koster in 'Binnelanders'.

Dié pryse is op SABC 1 aangekondig met die komediant Mpho Popps en die televisieaanbieder Lerato LKG Kganyago as seremoniemeesters.

Die verrigtinge het begin deur die wenners in die tegniese afdeling aan te kondig, waarna die sangeres Shekhinah haar treffer “What a Love” gesing het.

Vanjaar het dié pryse ook ’n huldeblyk ter nagedagtenis aangebied tesame met ’n vertoning deur Thabiso Lekbua en Tholakele Nkala, ’n dansduo, op die maat van ’n liedjie deur Toya Delazy.

Angus Gibson, dokumentêre rolprentmaker, het ’n eerbewys vir lewenslange bydrae gekry.

Die wenners van die Royalty Soapie-pryse is Saterdag aangekondig.

Die wenners is:

Beste redigeringspan

Isibaya

Beste beligting

The Queen

Beste kunsregie

Getroud met rugby

Beste regisseurspan

Gomora

Beste hare en grimering

The River

Beste uitrustings

The Queen

Beste skryfspan

Skeem saam

Gewildste sepie van die jaar (die publiek stem hiervoor)

Gomora

Beste manlike byspeler

Sthembiso Khoza as Shaka Khoza in The Queen.

Beste vroulike byspeler

Sannah Mchunu as Zodwa in Gomora.

Beste nuweling

Sicelo Buthelezi as Teddy in Gomora.

Beste paartjie in ’n sepie

Sindi Dlathu en Hlomla Dandala as Lindiwe & Zweli in The River.

Beste akteur

Presley Chweneyagae as Cobra in The River.

Beste aktrise

Dawn Thandeka King as MaNgcobo in Uzalo.

Beste manlike booswig

Dirk Stoltz as DeWet Basson in 7de Laan.

Beste vroulike booswig

Sindi Dlathu as Lindiwe in The River.

Beste sepie

Binnelanders

Meer oor:  Royalty Soapie-Pryse  |  Binnelanders  |  Sepies  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.