Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Binnelanders’ as beste sepie op SA TV aangewys

Nadat die kykNET-sepie Binnelanders Saterdag as beste sepie op die Royalty Soapie-toekenningsaand aangewys is, sê Elsje Stark, uitvoerende vervaardiger, dié span mag nie nou agteroorsit nie.

“Dit bewys die span doen iets reg, maar ons moet aanhou doen wat ons doen en ten alle koste daarteen waak om op ons louere te rus. Maar erkenning is altyd lekker.”

Die Royalty Soapie-pryse beloon sepies op Suid-Afrikaanse televisie.

Binnelanders sou nie hierdie erkenning ontvang het as dit nie vir die toegewyde spanwerk was nie,” sê Stark.

Hans Strydom as At Koster in ‘Binnelanders’.
Cindy Swanepoel as Annelize Roux in ‘Binnelanders’.
Reynardt Hugo as Tertius Jonker in ‘Binnelanders’. Foto: Binnelanders

“Die feit dat ons mekaar aanvul as ’n produksiespan en ’n gesamentlike doelwit nastreef, maak my trots op elke individu wat met oorgawe bydra tot die sukses van die reeks.”

Binnelanders word in Oktober 15 jaar oud. Dit het in 2005 as ’n weeklikse mediese drama begin, waarna dit in 2007 ’n daaglikse sepie geword het.

“Ons was vier ou hande in die bedryf wat destyds koppe bymekaargesit het: Ek, Friedrich (Stark, haar man wat in 2016 oorlede is), Danie Joubert en Mitzi Booysen. Ons was een van die spanne wat gevra is om ’n voorlegging vir ’n nuwe dramareeks aan M-Net te maak en ons was gelukkig genoeg om die kontrak te kry.”

Volgens Stark onderskat die span by Binnelanders nie hul gehoor nie.

“Met moeite, toewyding, harde werk en ’n deeglike besef van die verantwoordelikheid teenoor Binnelanders se kykers probeer ons lewensgetroue stories vertel deur middel van karakters waarmee kykers hulle kan identifiseer.”

In 2010 het die sepie se naam na Binneland Sub Judice verander en ’n regselement is bygevoeg. Dit het in 2011 geëindig.

“Ons het eers by M-Net en daarna by kykNET se sakeplanne van die afgelope 15 jaar ingeval,” sê Stark.

“Die gepaardgaande nuwe uitdagings het ons telkens met oorgawe aangepak en die hoof gebied, ongeag die veranderde vereistes wat dikwels aan die reeks gestel is. So, een ding is seker: Ons is aanpasbaar! Ons is oor niks spyt nie – Binnelanders het ’n holte vir sy voet by kykNET.”

Binnelanders word weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Royalty Soapie-Pryse  |  Elsje Stark  |  Binnelanders  |  Sepies  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.