Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Binnelanders’-karakter laat haar ook stom, sê Beáte Opperman

Sy is stomgeslaan deur die feeks Nellie in die kykNET-sepie Binnelanders, sê die aktrise Beáte Opperman, wat haar vertolk – en onder kykers se kommentaar deurloop.

“Solank die kommentare by die karakter bly en nie persoonlik raak nie, kan ek dit hanteer. Nellie sal my ook mal maak.”

Beáte Opperman as Nellie in ‘Binnelanders’. Foto: Stark Films

Sy is dankbaar vir dié tyd waarin mense maskers dra.

“Tog glo ek ek sal in-blend, maar ja, met ’n sepiekarakter is dit seker anders. Dit is vir my ’n eerste.”

Dit is ook die eerste keer dat sy in so ’n nare karakter se skoene staan.

“Dit is eintlik ’n goeie uitdaging. Toe ek die draaiboek lees, het ek ook gedink: Wat?! Tog is dit lekker, want jy het meer vryheid. En tot dusver het Nellie nog nie iets gedoen nie – sy praat net.”

Opperman, vrou van die sanger John-Henry Opperman van die band Klopjag, het voorheen in flieks soos Roepman, Verraaiers en Jonathan: Die movie verskyn.

Beáte Opperman en Tiaan Rautenbach in ‘Binnelanders’. Foto: Stark Films

In Binnelanders wil Nellie en haar man, George (Tiaan Rautenbach), sy oorlede suster, Maddie, se kinders aanneem omdat haar testament dit so bepaal het, maar met haar afsterwe het Nellie en George huweliksprobleme gehad. Die kinders is eers in George se ma, Helena (Ronel Kriel), se sorg geplaas en daarna in dié van Elana (Ilne Benadie), George se ander suster, en haar lewensmaat, Steve (Clint Brink). Maar nou wil George en Nellie die kinders hê.

“Maar sy gebruik verkleinwoordjies op ’n aanvallende manier. So ek dink sy laat skiet mense se irritasievlakke die hoogte in. Sy is baie sarkasties.”

Dinsdag het George se voertuig Elana per ongeluk getref en daar is chaos.

“Maar sowaar, Nellie raak erger,” sê Opperman.

Tiaan Rautenbach as George in ‘Binnelanders’. Foto: Stark Films

Sy het kort nadat sy klaar aan Binnelanders verfilm het, aan ’n kykNET-fliek gewerk wat handel oor die dogtertjie Poppie van der Merwe wat deur haar stiefpa en ma op Orania mishandel is en gesterf het.

“Ek vertolk die ma. So, dit is ook ’n moeilike karakter om te speel.”

Hoewel dit ’n stil tyd vir die kunste is, het sy die afgelope tyd aan ’n paar projekte gewerk en sy sê vanjaar is beslis beter as verlede jaar wat werk betref.

Binnelanders word weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Binnelanders  |  Sepies  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.