Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
KYK: Binnelanders vier 3 000 episodes!

Die afgelope 13 jaar het die dokters en verpleegsters van die gewilde kykNet-sepie Binnelanders Suid-Afrikaanse huisgesinne vermaak.

Die sepie vier binnekort sy 3 000ste episode, ’n mylpaal wat met ’n prettige partytjie by Stark Studios in Randburg gevier is. En daar is boonop vanjaar al ’n geskenk vir kykers, word verklap: binnekort hou die Binnelanders weer troue.

Lea Vivier en Je-ani Swiegelaar.Foto: Verskaf

Binnelanders het in Oktober 2005 ’n weeklikse drama en in April 2006 ’n daaglikse sepie geword.

Die vervaardiger, skrywers en akteurs is dit eens dat die relevante storielyne hul tot by 3 000 episodes gebring het.

“Dit is ’n ongelooflik goeie daaglikse drama en daarom wil mense dit kyk. Dit is goeie gehalte, dit is nie sommer nonsens nie. Dit resoneer, dis relevant tot stories in ons gemeenskappe,” sê Karen Meiring, M-Net se direkteur van kykNET-kanale.

Elsjé Stark, uitvoerende hoofvervaardiger, sê deel van die sepie se sukses is omdat die span nooit op hul louere gerus het nie.

“Ons het elke uitdaging die hoof probeer bied, met die beste talent om ons en met passie. Ons het nooit iets oorgelaat aan toeval nie, aandag gegee aan die fynste besonderhede en nooit ons kykers se intelligensie onderskat nie.”

Clint Brink, Kim Cloete, Germandt Geldenhuys, Je-ani Swiegelaar, Nadia Valvekens, Reynardt Hugo, Hans Strydom. Foto: Verskaf

Nadia Valvekens, wat die karakter van Pippa Malherbe speel, speel op 1 Junie in haar laaste episode. Sy en Hans Strydom (At Koster) is die enigste twee van die huidige akteurs wat sedert die heel begin in die hospitaal se gange gesien is.

“Ek kan nie genoeg die skrywers se lof besing ten opsigte van wat hulle geskep het vir elke karakter nie en ek dink elke karakter praat met ’n spesifieke teikenmark. Hulle gebruik aktuele gebeure en gebeure wat mense sáám kan voel. Kykers kan hulself vereenselwig met die stories,” sê Valvekens.

Nadia Valvekens en Hans Strydom. Foto: Verskaf

Mitzi Booysen, die sepie se hoofskrywer, sê die span probeer elke jaar beter vaar.

“Die Afrikaanse gehoor is baie lojaal en ons probeer elke jaar kyk wat ons nuut kan doen, ons daag onsself uit.”

Stark het elke lid voor en agter die skerms gelukgewens met die mylpaal.

“Sonder hulle sou ons nooit hier gekom het nie. Dis absoluut ’n spanpoging.”

Binnelanders se 3 000 episode word op Woensdag 16 Mei op kykNET uitgesaai.

Meer oor:  Nadia Valvekens  |  Binnelanders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.