Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Bobby reik in ‘buitenste ruimte’ na die sterre

Die sanger Bobby van Jaarsveld maak deesdae moles in ’n ruimteskip.

Hy vertolk die rol van Robbie in die SABC 2-komedie Die Vlieënde Springbokkie.

Bobby van Jaarsveld as Robbie in “Die vlieënde Springbokkie”. Foto: SABC 2

Dié sogenaamde “laboratoriumrot” het sy visier daarop om eendag die skip as kaptein oor te neem.

“Hy is eintlik maar ook geprogrammeer en verstaan nie altyd die mense op die skip nie,” sê Van Jaarsveld.

Dié komedie se tweede reeks het op 7 Oktober begin, maar Van Jaarsveld maak Woensdag vir die eerste keer sy verskyning.

Dit speel in die jaar 2070 af. Ondanks terugslae en hul onderlinge geskille probeer die bemanning C-Aarde bereik.

Bobby van Jaarsveld verskyn Woensdag die eerste keer in “Die vlieënde Springbokkie”. Agter hom staan Elzabé Zietsman. Foto: SABC 2

Ander spelers sluit in Weslee Lauder, Mari Molefe van Heerden, Elzabé Zietsman, Mortimer Williams, Doreen Morris, Kim Cloete en die voormalige nuusleser Riaan Cruywagen as die rekenaar met die naam Oom.

André Odendaal is die regisseur.

“Ek droom al van kleintyd af om na die ruimte te gaan,” sê Van Jaarsveld.

“Ek love die idee nog steeds en ek is mal oor die sterre en die ruimte!”

Daarom het hy dit baie geniet op dié stel waar die verhaal in die ruimte afspeel.

“Dit was die gemaklikste produksie waarby ek nog betrokke was, almal voel soos familie en het my baie tuis laat voel by hulle. Ek het soveel respek vir elkeen wat op die stel was. Almal het regtig hard gewerk, maar dit was ’n baie goeie ervaring.”

Bobby van Jaarsveld en Mari Molefe van Heerden in “Die vlieënde Springbokkie”. Foto: SABC 2

Van Jaarsveld, wat vir dié rol genader was, het al in flieks soos Liefling: die movie en Free State gespeel. Hy het nog nooit ’n toneelkursus gevolg nie en wens hy het.

“Ek het nog nie soveel ervaring in die bedryf nie, maar ek sal graag meer wil opdoen. Ek wil meer betrokke raak. Ek is baie lief daarvoor en is lus vir uitdagende rolle.

“Om woorde te leer, eintlike enige leer, is vir my sleg, maar dit moet gedoen word. Ek sal baie graag eendag ’n bietjie van ’n mallerige mens wil speel dat ek my scary kant kan wys. Ek glo daar sal nog baie geleenthede kom. Ek is mal oor teater, flieks en televisie.”

Van Jaarsveld was onlangs in die hospitaal omdat hy sukkel om te slaap. Sy breingolwe en die suurvlakke in sy liggaam is onder meer getoets.

“Ek het nooit op die ruimteskip geslaap nie, eerder moeilikheid gemaak. Maar ek slaap nou beter.”

Die vlieënde Springbokkie word Woensdae om 19:30 op SABC 2 (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Bobby van Jaarsveld wil nog baie toneelwerk doen. Foto: SABC 2
Meer oor:  Bobby Van Jaarsveld  |  Televisie  |  Sanger  |  Akteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.