Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Adriaan hoop Toanette is onder topvyf
Boer Adriaan Geldenhuys en sy geliefde, Helene Retief. Foto: Facebook

Adriaan Geldenhuys is al ’n aanhanger van Boer Soek ’n Vrou van 2008 af en verlede jaar het dié boer van Riversdal ook liefde gevind in kykNET se gewilde werklikheidsreeks.

Geldenhuys (27) en Helene Retief (28) van Durbanville is nog dolgelukkig en smoorverlief sedert hulle in Augustus verlede jaar amptelik begin uitgaan het.

“Dit gaan regtig baie goed, regtig nog steeds,” sê Adriaan en giggel. “My lag sê eintlik alles.”

Retief het die afgelope Paasnaweek by Geldenhuys op die plaas gekuier omdat sy ooie op die oomblik lam. Retief is Maandagoggend weer terug na Kaapstad waar sy ’n restaurant bestuur en was Maandagmiddag terug op haar pos. Maar Geldenhuys sê hulle het nog nie planne oor wanneer Retief gaan plaas toe trek nie.

“Ons is mal oor mekaar en ons loop ’n pad en ons is opgewonde oor alles wat voorlê,” sê hy.

“Sy is ’n ongelooflike meisie. Ons geniet net die tyd wat ons saam deurbring en mekaar. Dinge sal op die regte tyd gebeur. Dis ’n normale verhouding en dit moet maar groei. Daar moet eers ’n oes op die land wees,” grap hy oor wanneer hulle trouplanne gaan begin maak.

Geldenhuys is ook opgewonde oor die 11de seisoen van Boer Soek ’n Vrou. “Ek is al ’n fan van 2001 af, hoekom sal ek nou ophou kyk,” lag hy.

“Die nuwe boere lyk soos baie nice ouens,” sê hy. “Dit sal lekker wees as die dame ook by die topvyf inkom.”

As jy dit nie vir die regte redes gedoen het nie, gaan dit nie vir jou uitwerk nie. Die meisies kom gou agter as jy nie vir die regte redes op die program is nie.
Die boere en vroue van seisoen 10 is van links: boer Willie Dreyer, Bianca Nel wat deur boer Ruan Pienaar gekies is, boer Heleen Le Grange, boer Adriaan Geldenhuys, boer Stoffel Boshoff en boer Braam Buytendag. Voor is Dreyer se vriendin Johanné Stander, Corné Groenewald wat deur boer Jacques Vlok gekies is, Vlok, boer Adriaan Geldenhuys se Helene Retief, boer Ruan Pienaar, boer Eben Prinsloo en boer Carl Möller. Foto: Facebook

Geldenhuys verwys na die aanvallige Toanette, ’n 23-jarige wildboer van Modimolle in die Limpopo-provinsie, wat onder vanjaar se toptien boere is.

“Ek is opgewonde vir hul onthalwe, want ek weet watter lekker tyd vir al tien voorlê. Hulle gaan dit geniet,” sê hy.

Sy raad is dat hulle dit net moet geniet, maar hy sê hy glo dat hulle ingeskryf het vir “die regte redes”.

“As jy dit nie vir die regte redes gedoen het nie, gaan dit nie vir jou uitwerk nie. Die meisies kom gou agter as jy nie vir die regte redes op die program is nie. As jy jouself uitgebeeld het soos wie jy is, gaan jy die regte briewe kry, glo ek,” sê Geldenhuys.

Hy wil graag die nuwe toptien boere gelukwens.

“Hulle het reeds ’n kans gevat en die eerste stap in die regte rigting geneem. Ten minste het hulle die guts gehad om dit te doen, geluk! Dis ’n groot stap en as jy eers in is, dan sal jy sien dis lekker en maklik.”

Noudat die toptien aangekondig het, het potensiële pasmaats tot 20 April om vir hulle briewe te skryf.

Oor die wagtyd tot die aanbieder by boere se huise opdaag met hul briewe, sê Geldenhuys ’n mens is maar op jou ssenuwees is in dié tyd.

“Dis ’n stresvolle tyd en jy hoop jy kry iets. Dalk is daar niemand van wie jy hou nie? Maar ’n mens is meer opgewonde as wat jy stres. Dis iets waarna jy uitsien want die regte een kan daar wees…”

“Hulle gaan dit geniet en ons gaan dit vir seker volg,” sê Geldenhuys.

Diegene wat die nuwe boere beter wil leer ken en wil inskryf, moet voor middernag op 20 April 2018 die volgende doen:

• Skryf in op kykNET se webtuiste by www.kyknet.tv;

• skakel 079 335 5137; of

• stuur ’n e-pos na boer@marche.media

Meer oor:  Realiteitsreeks  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Tv-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.