Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Albert oor trouvrou: ‘Families se mening tel’

As daar nou ’n deelnemer was aan die vorige seisoen van Boer soek ’n vrou wat uitstaan, was dit die Engelse Rox-Zee, sê boer Albert.

“Sy het van die begin af geweet waarna sy op soek is en kom wat wil – sy het en sou alles gegee het vir daai boer,” sê Albert (29), een van tien boere wat vanjaar op soek is na liefde in die kykNET-werklikheidsreeks.

Boer AlbertFoto: Verskaf

Hy is ’n skaap- en wildboer van Noupoort in die Noord-Kaap.

Rox-Zee was tot onlangs toe verloof aan boer Réan, maar hul liefdesbootjie het gesink omdat sy ouers glo nie ooghare vir haar gehad het nie.

Die tien boere vir die nuwe seisoen van Boer soek ’n vrou is onlangs bekend gemaak. Hulle is tussen 26 en 51 jaar oud, vyf is van die Wes-Kaap, twee van die Noord-Kaap, twee van die Oos-Kaap en een van Gauteng.

Vir die eerste keer is daar ook ’n boer wat op soek is na ’n manlike lewensmaat, Hy is die 37-jarige Damian, ’n skaap- en beesboer van Bapsfontein in Gauteng.

Netwerk24 het al tien die boere beter leer ken en Albert is die vyfde boer wat sy hartsgeheime aan ons verklap.

Albert was vir ’n groot deel van sy lewe in Amerika en het sedert sy terugkeer na Suid-Afrika nog nie kans gehad om die perfekte pasmaat te vind nie.

Hy is op soek na ’n lewensmaat wat “plat op die aarde” is en iemand saam met wie hy die lewe kan geniet. As die spesiale persoon sportief is, is dit nog beter.

Vir hom is dit ’n topprioriteit om met sy potensiële vrou se familie oor die weg te kom. Net so is sy familie se mening oor die vrou wat hy kies, “baie belangrik”.

Oor die gesoenery op die onlangse eerste seisoen van Suid-Afrika se eie The Bachelor, sê Albert hoewel sekere situasies dit toelaat, moet dit nie voorbarig wees nie.

“ ’n Mens moet altyd die vrou respekteer,” sê hy.

* Vroue en mans wat droom van ’n lewe op die plaas, kan nou weer vir Boer soek ’n vrou inskryf. Skryf in op kykNET se webtuiste, www.kyknet.tv, bel 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.media.

Inskrywings sluit op 31 Mei om middernag.

Kykers sal van Oktober af kan sien hoe die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, vaar.

Meer oor:  Boer Soek ’N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.