Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Brandon ‘kan taamlik kieskeurig wees’

Boer Brandon bewonder die vroue wat hul hart op die spel plaas en hulle vir Boer soek ’n vrou inskryf.

Boer Brandon Foto: Verskaf

“Al die vroue is baie dapper om hul lewe ’n rukkie eenkant toe te skuif in die hoop om liefde te vind,” sê hy.

Brandon (31) is ’n skaap- en beesboer van Stutterheim in die Oos-Kaap en waag ’n kans op liefde in die 12de seisoen van dié werklikheidsreeks op kykNET.

Die tien boere vir die nuwe seisoen is verlede Sondagaand bekend gemaak. Hulle is tussen 26 en 51 jaar oud, vyf is van die Wes-Kaap, twee van die Noord-Kaap, twee van die Oos-Kaap en een van Gauteng.

Daar is die eerste keer ook ’n boer wat op soek is na ’n man as pasmaat, die 37-jarige Damian, ’n skaap- en beesboer van Bapsfontein in Gauteng.

Netwerk24 het al tien boere beter leer ken en Brandon is die derde boer wat sy hartsgeheime verklap.

Dié boer voer aan dat hy taamlik kieskeurig kan wees wanneer dit by verhoudings kom en nie sommer net ’n verhouding sal aanknoop net om iemand te hê nie.

“Ek sal net in ’n verhouding met iemand betrokke raak as ek regtig van (die persoon) hou,” sê hy.

Hy soek iemand wat hom kan uitdaag om ’n beter mens te wees en iemand wat hy kan druk om die beste in haar na vore te bring.

“Ek is op soek na ’n maat. Dit sal wonderlik wees om iemand te hê wat saam met my op die plaas kan werk, maar ek sal ook nie omgee as sy ’n ander werk het nie, mits ons mekaar se passies ondersteun.”

Volgens Brandon sal dit ideaal wees as sy familie van sy gekose lewensmaat hou, maar hy is dit eens dat hy die een is wat op die ou end gelukkig moet wees.

Ek dink daar is tye om terug te hou en tye om net te gaan met wat reg voel, maar ek stem nie noodwendig saam dat ’n mens die water elke keer moet toets nie.

Hy geniet die buitelewe en is nogal ’n sportiewe persoon, dus sal hy graag iemand wil hê wat sport en buitemuurse aktiwiteite saam met hom kan beoefen.

Oor die gesoen op die onlangse eerste seisoen van Suid-Afrika se eie The Bachelor, sê Brandon dis nie iets waarmee hy heeltemal saamstem nie.

“Ek dink daar is tye om terug te hou en tye om net te gaan met wat reg voel, maar ek stem nie noodwendig saam dat ’n mens die water elke keer moet toets nie.”

* Vroue en mans wat droom van ’n lewe op die plaas, kan nou weer vir Boer soek ’n vrou inskryf.

Skryf in op kykNET se webtuiste (www.kyknet.tv), bel 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.media. Inskrywings sluit op 31 Mei om middernag.

Kykers sal van Oktober af kan sien hoe die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het, vaar.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.