Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Damian kry meeste briewe van almal
Die vyf boere wat in die 12de reeks van Boer soek ’n vrou die meeste briewe gekry het, is van links boer Damian, boer Graham, boer Theunis, boer Willem en boer Hentie. Foto: Verskaf

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die TV-program Boer soek ’n vrou op kykNET is ’n gay-boer in die top-5 en het dié boer boonop die meeste briewe van al die boere gekry.

Die sangeres Leah, wat die program aanbied, het in Donderdagaand se episode die bokse en briewe by vanjaar se tien boere gaan aflaai. Boer Damian (37), ’n bees-en-skaapboer van Bapsfontein in Gauteng, het so baie pakkies gekry dat dit in vyf sakke afgelewer moes word.

“Sjoe, ek weet nie wat om te sê nie,” was boer Damian se eerste reaksie.

Boer DamianFoto: Verskaf
Boer GrahamFoto: Verskaf
Boer HentieFoto: Verskaf
Boer TheunisFoto: Verskaf
Boer WillemFoto: Verskaf

“Ek het so baie boodskappe van mense gekry wat sê ek kan nie inskryf nie want my gemeenskap sal dit nie toelaat nie. Ek kan dit nie glo nie,” sê Damian en skud sy kop.

Die vier ander boere wat in vanjaar se reeks op TV liefde gaan soek, is boer Graham (26), ’n melk-en-beesboer van Cradock in die Oos-Kaap, boer Theunis (36), ’n tafeldruifboer van De Doorns in die Wes-Kaap, boer Willem (29), ’n rooibosboer van Clanwilliam in die Wes-Kaap, en boer Hentie (51), ook ’n rooibosboer van Clanwilliam en die oudste boer in die huidige reeks.

Boer Hentie het sommige van die briewe wat aan hom gestuur is, voorgelees en die foto’s van die vroue bewonder. Hy het selfs gefluit toe hy een van die foto’s sien.

“Ek weet nie wat om te sê nie,” het boer Graham gesê toe twee sakke met nóg briewe in sy sitkamer afgegee word. “Die een is mooier as die ander!”

Boer Willem het ’n brief van twee studente op Potchefstroom gehad, waarin ’n opgewonde student namens haar vriendin Sanél skryf.

“Laat jy ’n ou nou bloos!” sê hy nadat Leah ’n stukkie van die brief voorgelees het. “Ek raak skoon warm!”

Dié vyf boere sal in volgende week se episode tien moontlike pasmaat wat hulle uit die briewe en geskenke sal kies, in Kaapstad vir hul blitsafsprake ontmoet.

* Kyk ál die vorige reekse van Boer Soek ’n vrou op Showmax.

— Boer Soek ’n Vrou (@boersoeknvrou)

October 24, 2019 ">

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Boer Damian
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.