Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Franco se ma vir hom die mooiste

Vir boer Franco is sy ma die mooiste vrou in die wêreld.

“Dit gaan nie net oor die uiterlike nie. Die mooi in ’n vrou is van binne en hoe sy my deur die jare al ondersteun het en nog steeds ondersteun,” sê hy.

Sy ma se mooi word vir hom ook uitgestraal in die manier waarop sy haar gesin liefhet en die boerdery verstaan.

Franco (30) is van ’n gemengde boerdery op Moorreesburg in die Wes-Kaap. Hy het besluit om vanjaar aan Boer soek ’n vrou deel te neem in die hoop om daardie spesiale meisie te vind.

Tog is hy bang dat meisies om die verkeerde redes vir hom skryf en dat hy weer met ’n gebroke hart gaan sit, sê hy.

Die tien boere vir die nuwe seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks is onlangs bekend gemaak. Hulle is tussen 26 en 51 jaar oud, vyf is van die Wes-Kaap, twee van die Noord-Kaap, twee van die Oos-Kaap en een van Gauteng.

Boer FrancoFoto: Verskaf

Vir die eerste keer is daar ook ’n boer wat op soek is na ’n manlike lewensmaat, die 37-jarige Damian, ’n skaap- en beesboer van Bapsfontein in Gauteng.

Netwerk24 het al tien die boere beter leer ken en Franco is die vierde boer wat sy hartsgeheime verklap.

Franco ken vir boer Adriaan wat in die tiende seisoen van Boer soek ’n vrou by Helene liefde gevind het. Dié paartjie het in 2018 verloof geraak.

“Hy was nog altyd iemand met goeie waardes en integriteit,” sê Franco.

Sy familie se mening oor die meisie wat hy kies, is vir hom baie belangrik omdat hulle ’n hegte familie is en ’n familieboerdery bedryf.

Dit maak nie saak of sy meisie sportief of mollig is nie, solank sy na haarself kyk en hom ondersteun, hom gelukkig maak en hom kan aanvaar met sy tekortkominge.

Oor die gesoenery op die onlangse eerste seisoen van Suid-Afrika se eie The Bachelor, sê Franco as die tyd, plek en oomblik reg is, maak dit nie saak of ’n kamera teenwoordig is of nie.

“Dit beteken ook nie dat ek elke meisie op die show sal soen net om vir die kykers iets gee om oor te praat nie.”

* Vroue en mans wat droom van ’n lewe op die plaas, kan nou weer vir Boer soek ’n vrou inskryf. Skryf in op kykNET se webtuiste, www.kyknet.tv, bel 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.media.

Inskrywings sluit op 31 Mei om middernag.

Kykers sal van Oktober af kan sien hoe vaar die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

Meer oor:  Kyknet  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.