Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Graham en Ilne steeds dolverlief
Boer Graham Lombaard en Ilne Prinsloo.

Graham, die Cradock-boer van dié seisoen se Boer soek ’n vrou, is tot oor sy ore verlief en sy Ilne se oë skitter elke keer as sy na hom kyk.

Cupido se pyltjie het Graham Lombard en Ilne Prinsloo hoog getref en die twee is onafskeidbaar. Hulle beplan ernstig dat Ilne haar tuisdorp, Potchefstroom, verlaat en Cradock toe trek. Sy is van plan om ’n werk op Cradock te kry en haar studies deur die pos te voltooi.

“Ek het die aand van die braai al geweet Graham is die een vir my,” sê Ilne.

“Sonder die program was ons kanse om mekaar te ontmoet, feitlik nul,” vertel die twee. Potch en Cradock is net te ver van mekaar dat dit sou gebeur,” sê Graham. Hulle is dus bly hulle het ingeskryf.

Hoewel hulle die program baie geniet het en baie goed met die ander deelnemers oor die weg gekom het, is hulle albei bly dat dit alles verby is en dat hulle nou met hul normale lewe kan voortgaan.

Ek het die aand van die braai al geweet Graham is die een vir my.

Albei het wonderlike herinneringe wat hulle sê hulle nie sonder die program sou gehad het nie.

Een daarvan was toe hulle gaan bungy jump het. Graham sê hy was só senuagtig dat hy al die toue en knippe sorgvuldig getoets het voordat hy gespring het. Ilne het net oë toegeknyp en gespring.

As Ilne op die plaas kuier, val sy gemaklik in by alles wat die gesin doen, vertel die paartjie. Sy doen Zumba-oefeninge saam met Graham se ma, Celeste, of help in die huis. Sy is ook lief daarvoor om saam met hom op die plaas rond te ry. Sy pas ook goed in by Graham se ooms en tannies en die res van die groot Lombard-familie.

Al het Ilne geluk gevind op die reeks, meen sy dit is belangrik vir diegene wat wil inskryf dat hulle onthou hul waarde lê nie daarin of hulle gekies word of nie. Sy sê ’n mens moet jouself eers leer ken voordat jy liefde soek.

Die verliefde paartjie op ’n hangbrug.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Boer Graham
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.