Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Graham se beeste stel vroue op die p(r)oef

Vir die drie stadsmeisies wat gaan kuier het by boer Graham op sy plaas in die Cradock-distrik in die Oos-Kaap was die eerste dag ’n groot bep(r)oewing toe hulle met beesmis besmeer word.

In Donderdagaand se episode van die realiteitsreeks Boer soek ’n vrou op kykNET het die boere hul drie gekose pasmaats op hul plase verwelkom, maar dit was Ilne, Nikola en Elrene wat dadelik met die realiteite op ’n plaas moes kennis maak.

Nadat hulle hul tasse by die huis afgelaai het, het boer Graham hulle na “die put” geneem waar koeie gemelk word. Terwyl hulle besig was om koeie te melk het een koei laat los en al drie vroue en boer Graham vol beesmis bespat.

Elrene, Nikola en Ilne saam met boer Graham by die beeste.Foto: Verskaf

“Ons is nou wel ’n bietjie vuil, maar welkom op die plaas! Dit is maar hoe dit hier gaan,” het hy met ’n glimlag gesê.

“Dit is beslis nie wat ek op my eerste dag op die plaas verwag het nie,” het Nikola laggend gesê. “Dis eintlik goed dat dit gebeur het, want nou weet ’n mens om nooit weer wit op ’n plaas te dra nie.”

Ook al die ander boere het hul pasmaats gewys hoe dinge op hul plase gedoen word. Boer Damian se manlike gaste moes op sy plaas by Bapsfontein skape rondjaag, en hulle vang om hulle vitamiene in te gee.

Damian se pasmaats het hulle ook tuisgemaak in sy huis, waar een van die kamers ’n Voortrekker-tema het. “Ek is mal oor Boeregeskiedenis, so ek versamel nogal Afrikana,” het hy gesê.

Ivan van Durban sal in dié kamer in ’n rondawel buite die huis tuisgaan. Andrew van Worcester, wat in die gastehuisbedryf werk, slaap in die gastekamer in die huis, en Arno van Laingsburg sal in die ander rondawel slaap.

Boer Theunis, ’n tafeldruiweboer van De Doorns in die Wes-Kaap, het die vroue aan die werk gesit om lote in die wingerd te help snoei.

“Ek was nie heeltemal myself vandag nie,” het moontlike pasmaat Renette gesê. “Dit is moeilik om spontaan te wees want jy’s bang die ander vroue dink jy probeer oorvat. ’n Mens wil nie in daai lig gesien word nie.

“Aan die begin het ek gedink almal kom régtig goed oor die weg, maar soos die proses aangaan, besef ’n mens dit raak ’n bietjie oppervlakkig, ’n bietjie mededingend. Daar is net een boer,” sê Renette.

Boer Hentie se moontlike pasmaat Hester het gesê sy laat haar nie deur ander mense intimideer nie. Nog een van die drie, Hantie, het opgemerk dat een van die drie vroue meer teruggetrokke is en lyk of sy “nie lekker lus is vir die storie nie”.

“Hantie vat baie oor in ’n gesprek,” het Des gesê. “Ek was nog altyd ’n luisteraar. As ek iets het om te sê sal ek dit sê, maar dit voel vir my asof ek nie gehoor word as ek iets sê nie.”

Hester sê sy was “dalk bietjie teleurgesteld” dat Hentie meer aandag aan Des geskenk het.

“Ek het in ’n stadium gevoel, oukei, dit is ’n kompetisie – dit is nie net vriendskapsbande wat hier gebou word nie.”

Moontlike pasmaat Sanel het vir boer Willem ’n groot blik eetgoed gebring, waaronder konfyt en beskuit. Boer Willem het vir elkeen ’n stewige stuk steak gebraai.

  • Kyk ál die vorige reekse van Boer soek ’n vrou op Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.