Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Hannis (23) wil net homself wees

Hoewel ’n oulike skoonma altyd ’n bonus is, sal dit nie sy finale keuse beïnvloed van die meisie wat op die plaas gaan agterbly nie.

“Niemand kan kies waar hulle vandaan kom nie, so ek gaan nie iemand oordeel op wie en wat hul familie is nie,” sê Hannis (23), ’n saai- en veeboer van Brakfontein in KwaZulu-Natal.

Hannis is een van die tien boere wat in die 14de seisoen van Boer soek ’n vrou op kykNET sal verskyn.

Hy verkies ’n meisie wat saam met hom aktief kan wees en die buitelewe geniet.

Hannis het aanvanklik gehoop dat hy dalk sy trouvrou op die kampus van die Noordwes-Universiteit sou ontmoet waar hy ’n BCom-graad in landbou-ekonomie en risikobestuur verwerf het.

“Ek het nog nie die regte een ontmoet nie. Ek vertrou die regte een is daar buite – ons moet net bymekaar uitkom.”

Boer Hannis (23)
Boer Hannis (23)

Dié boer sal daarvan hou dat sy droomvrou ’n warm atmosfeer in die huis skep, hoewel hy nie van haar verwag om ’n tipiese huisvrou te wees nie.

“Ek sal dit waardeer as sy haar eie loopbaan nastreef. Ek gaan nie vir haar voorskryf wat om te doen nie. As sy dalk ’n passie het vir iets wat plaasgebonde is, dan sal dit vir my ’n bonus wees,” sê Hannis.

“Ons is ook nie te ver van die dorp af nie, so as sy ’n loopbaan in die dorp wil volg dan het ek ook glad nie ’n probleem daarmee nie.”

Hannis en sy familie is baie na aan mekaar, daarom is hul mening oor die meisie wat hy kies, baie belangrik vir hom.

Hy werk saam met sy suster en swaer op die plaas en dan is sy pa ook in ’n mate by die boerdery betrokke.

“Ons bestee baie tyd saam. Ons sien mekaar elke dag van die week en elke naweek,” sê hy.

“Hulle opinie is vir my belangrik, want hulle ken my ook beter as enigiemand anders. Hulle weet watter meisie wel by my sal pas en wie met my sal kan uithou.”

Op hierdie reis wat hy nou met Boer soek ’n vrou begin, is hy bang dat hy ’n oordeelsfout kan begaan en dalk die regte brief of persoon miskyk. Hy is ook bang dat iemand iets wat hy sê, verkeerd interpreteer.

Hannis skerts dit sal ’n moles afgee as hy al die dames wat by hom op die plaas kom kuier, moet soen.

Vir hom is dit belangrik om met hierdie proses net homself te wees en nie voor te gee om iemand te wees wat hy nie is nie.

• Diegene wat vir boer Hannis wil inskryf, moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee wees. Inskrywings moet voor middernag op 29 Julie ingedien word. Vroue kan inskryf op kykNET se webtuiste, kyknet.tv of deur 079 335 5137 te bel of ’n e-pos na boer@marche.media (let wel .media en nie .co.za nie) te stuur.

Meer oor:  Kyknet  |  Realiteitsreeks  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.