Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Hentie (51) soek vrou wat sy hartsnare roer

Boer Hentie Foto: Verskaf

Die oudste deelnemer aan die 12de reeks van Boer soek ’n vrou gaan liewer wag tot hy die regte een kry voordat hy ’n vrou voor die kameras soen.

Boer Hentie (51) is ’n rooibosteeboer van Clanwilliam in die Wes-Kaap wat nog in liefde glo.

Hy soek nog die regte een – die vrou wat sy hartsnare roer en sy voete onder hom uitslaan.

Die tien boere vir die nuwe seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks is onlangs bekend gemaak. Hulle is tussen 26 en 51 jaar oud, vyf is van die Wes-Kaap, twee van die Noord-Kaap, twee van die Oos-Kaap en een van Gauteng.

Vir die eerste keer is daar ook ’n boer wat op soek is na ’n manlike lewensmaat, die 37-jarige Damian, ’n skaap- en beesboer van Bapsfontein in Gauteng.

Netwerk24 het al tien die boere beter leer ken en Hentie is die sesde boer wat sy hartsgeheime verklap.

Hy is geskei en het twee dogters wat 21 en 25 jaar oud is. Vir dié trotse pa is hulle die mooiste vroue in die wêreld.

Hentie is op soek na ’n sielsgenoot wat eerlik, opreg en lojaal is – iemand wat dieselfde belangstellings het en avontuurlustig is. Sy moet die mooi dinge koester en die klein dingetjies in die lewe waardeer.

’n Les wat hy uit vorige verhoudings geleer het, is om nooit iemand te probeer verander as jy nie self bereid is om te verander nie.

’n Les wat hy uit vorige verhoudings geleer het, is om nooit iemand te probeer verander as jy nie self bereid is om te verander nie.

Hentie beskou ’n piekniekmandjie met ’n bottel wyn, ’n vars geplukte blom uit ’n tuin met sonsondergang op Lambertsbaai se strand of tussen klipkoppe op ’n mooi Sandveld-plaas as ’n ideale romantiese afspraak

*Vroue en mans wat droom van ’n lewe op die plaas, kan nou weer vir Boer soek ’n vrou inskryf. Skryf in op kykNET se webtuiste, www.kyknet.tv, skakel 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.media.

Inskrywings sluit op 31 Mei om middernag.

Kykers sal van Oktober af kan sien hoe vaar die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Tv-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.