Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Johan kry dit weer hotagter

Boer Johan van die gewilde kykNET-reeks Boer soek ’n vrou is “verspot” en het ’n “dubbele persoonlikheid”.

Hierdie is maar ’n paar van die dinge wat kykers op dié reeks se Facebook-blad kwytraak ná Donderdag se episode.

Magda Joubert is veral ontsteld en skryf op Facebook oor Johan en Marilyn wat wyn gedrink en gegiggel het – dit terwyl hy juis in ’n vorige episode ’n vrou huis toe gestuur het omdat sy volgens hom te veel wyn ingehad het.

Kykers van die gewilde kykNET-reeks Boer soek ’n vrou het hulle tot die reeks se Facebook-blad gewend om teenoor Boer Johan (bo) uit te vaar. Foto: Argief

“Ek kan nie dink dat Johan so dubbele persoonlikheid het nie. Toe hulle op die plaas gekuier en die ander vrou haarself geniet en gelag het, wou hy die aapstuipe kry en sê sy het genoeg wyn gedrink.

“Nou giggel hy en Marilyn soos twee jong matrieks wat iets ontdek het. Hel, so laf,” skryf Joubert.

Mariaan du Preez, ook ’n kyker, skryf Johan is verspot.

Theresa de Fortier, sê sy dink nie Johan en Marilyn se vlieër gaan vlieg nie en dat óf hy óf sy kleinkoppie gaan trek.

Hierop het Anet Botes geantwoord: “Ja, ek wonder wie gaan vir hom sê hy het nou genoeg gedrink, en moenie van Marilyn vergeet nie, sy het net so gegiggel.”

Ondanks al die negatiewe kommentaar oor Boer Johan, is kykers dol oor Boer Adriaan en Helene.

Byna elke kyker dui op Facebook aan dat dié hul gunsteling-paartjie is, met Jacques en Corné ’n kortkop agter.

Willie Lindi Schaap sê dié jaar se boere en meisies is baie oulik, maar Adriaan en Helene is die gunsteling-paartjie.

“Ek is dol oor hulle twee saam, so oop en opreg met mekaar en albei gemaklik met hulself en mekaar. Ek hoop hier kom meer,” skryf Schaap.

“Ai, die liefde is darem maar mooi en so lekker! Mal oor Adriaan en Helene!” skryf Lorraine Lourens.

Bijancka Hough stem hiermee saam. “Adriaan kan ook nie ophou bloos nie. So oulik.”

Meer oor:  Kyknet  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Boer Johan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.