Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Mathys: ‘Ek bid vir ’n vrou soos Ma’

Sy ma is vir hom die mooiste vrou ter wêreld en hy bid om ’n vrou soos sy te ontmoet, sê boer Mathys (25) van Dullstroom, Mpumalanga.

Mathys is een van die toptien boere wat op die 13de reeks van die TV-realiteitsreeks Boer soek ’n vrou op kykNET sal verskyn.

“My ma het my geleer dat jy ’n vrou altyd behandel soos jy jou ma en jou suster sal behandel,” sê Mathys, wat met skape en beeste boer, asook bosbou.

“My ma ken seerkry en alleen wees, en sy sien net die goed in my raak. Mamma kan net liefhê en omgee, altyd glimlag en help. Mamma wat vir my waai as ek wegry. Ek bid vir ’n vrou soos Ma.”

Boer Mathys (25) van Dullstroom, Mpumalanga.

Hy sê familie is vir hom baie belangrik en daarom ook die raad of menings wat hulle oor sy verhoudings het.

“Baie keer sien hulle dinge raak wat ek nie sien nie. My familie ken my tog die beste en wil die beste vir my hê. Maar die finale besluit is steeds my eie. My geluk is die belangrikste en ek sal uiteindelik besluit wat my hart vir my sê.”

Mathys sê hy is nie die tipe om eers te soen en later vrae te vra nie. “Ek stel daarin belang om ’n vrou se gedagtes en hart te leer ken voordat ek wil weet hoe lekker sy soen. ’n Man het nie respek vir ’n vrou as hy eers die fisieke wil ervaar voordat hy haar menswees leer ken het nie.”

Boer Willem Pool van die vorige seisoen is sover sy gunstelingboer op die program. “Hy was van die eerste dag af spontaan en opreg. Ek kan nie voorgee en arrogansie hanteer nie. Willem lyk soos iemand saam met wie ek ’n bier kan drink en oor meer as net boerdery gesels.”

Mathys en Sanel Prinsloo, Willem se verloofde wat hy op die program leer ken het, ken mekaar van universiteitsjare af en volgens hom is sy presies dieselfde mens as voorheen – die feit dat sy op die program was, het haar nie verander nie.

Mathys sê hy was voorheen onseker oor wat hy regtig wil hê, en was daarom bang om dinge met iemand vas te maak. “Vandat ek permanent op die plaas is, het ek al hoe meer besef wat ek wil hê en is gereed om nou die kans te waag en my alles te gee.”

  • Diegene wat vir boer Mathys wil inskryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee wees. Inskrywings moet voor middernag op 8 Augustus ingedien word. Vroue kan inskryf op kykNET se webtuiste www.kyknet.tv, of 079 335 5137 skakel, of ’n e-pos stuur na boer@marche.media (let wel .media en nie .co.za nie).
Meer oor:  Boer Soek ’N Vrou  |  Realiteitsreeks  |  Ma  |  Boer  |  Bid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.