Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Rèan ‘hou nuwe liefde privaat’
Boer Rèan en die nuwe liefde in sy lewe, Waltela, wat hy vier maande gelede ontmoet het. Hulle is nou al ’n maand lank in ’n vaste verhouding.

Die nuwe vrou aan die sy van boer Rèan Clasen van Boer soek ’n Vrou-faam is op Facebook as Waltela Maree geïdentifiseer.

Waltela MareeFoto: Facebook

Rapport het Sondag berig Rèan het gesê hy en Waltela – hy wou nie haar van of waar sy woon bekend maak nie – is al ’n maand lank in ’n vaste verhouding. Hulle het vier maande gelede op sosiale media ontmoet en sy het ook ’n “landbou-agtergrond”, lui die berig.

Rèan, wat in die Noord-Kaap boer, wou nie Sondag met Netwerk24 praat oor die nuwe verhouding of hul toekomsplanne nie. By navraag in ’n WhatsApp-boodskap sê hy hy hou dit “privaat”.

Min inligting oor Rèan se nuwe liefde is op Facebook bekend, maar volgens ’n Facebook-profiel het Maree aan die Noordwes-Universiteit gestudeer en is ’n familielid van haar van Hartswater.

Rèan, ’n deelnemer aan die 11de reeks van die kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou, se verlowing aan Rox-Zee Veldhuizen is vroeër vanjaar verbreek. Hulle was een van die 11de reeks se gewildste paartjies.

Rox-Zee, wat vroeër vanjaar na Kaapstad verhuis het, het Sondag by navraag laat blyk “sy weet absoluut niks” van Rèan se nuwe verhouding nie. Sy het verlede week gesê sy en JJ Stander van Piketberg – wat sy vroeër as “net ’n vriend” beskryf het – is nou ’n paartjie. Stander het dit bevestig.

Volgens DStv se webwerf begin die 12de reeks van Boer Soek ’n Vrou in Oktober op kykNET.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.