Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Rèan vol grappies oor Rox-Zee se wyndrinkery

Nog ’n deelnemer aan die TV-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou het “moeilikheid” gekry toe sy nog ’n bottel wyn wou oopmaak.

Gelukkig was boer Rèan in Donderdagaand se episode nie ernstig toe hy op sy plaas naby Groblershoop in die Noord-Kaap vir Rox-Zee gesê het sy mag nie nog ’n bottel wyn gaan haal nie.

Van links is Linnaé, Natasha en Alyssa wat saam met boer Cassie in sy sitkamer kaartspeel. Vir hul besoek aan die plaas het hy vir elkeen ’n onesie gekoop. Foto: Skermgreep

“Ek gaan nou soos oom Johan wees en sê jy is dronk en jou huis toe stuur,” het hy geskerts terwyl hy, Michelle, Rox-Zee en Minette almal voor die kaggel kaart gespeel het.

Die wyn-en-pekanneutboer was ook vol grappies toe hy die drie vroue met hul aankoms op die plaas met ’n snor verras het. Hy het egter kort daarna sy bolip geskeer.

“Dit is die wysheid wat groei,” het hy aan die aanbieder, Leah, gesê.

Rèan het ook die vroue laat deelneem aan ’n trekker-resies om te bepaal waar hulle slaap. Rox-Zee, ’n skoonheidsterapeut van Durban, was eerste oor die wenstreep en het ’n kamer met ’n dubbelbed “gewen”.

Dit was egter nie net Rèan wat sy kuiergaste beproef het nie. Die vroueboer Toanette het Nardus, Adriaan en Carlo laat luiperds voer op die wildplaas waar sy ’n bestuurder is, terwyl boer Cassie sy kuiergaste, Alyssa, Natasha en Linnaé, vol modder gespat toe hulle in ’n oop Jeep in die veld gaan ry het.

Hy het hulle egter weer laat skoon kom toe hulle hom gehelp het om ’n spilpunt van ’n besproeiingstelsel reg te maak. Na dié koue ervaring het die groepie saam ’n piekniek gehou in onesies wat Cassie vir hulle vir die besoek gekoop het.

“Dit is ongelooflik om hulle hier te hê. Daar is ’n magdom emosies wat ek voel met hulle hier,” het hy gesê terwyl hy sy palms gevryf het.

Boer André het aan sy gaste, Lea-Mari, Corinne en Madelé, op hul eerste aand op sy plaas by Colesberg gewys dat sy vernuf met braaibroodjies verbeter het sedert hy die broodjies in die Kaap verbrand het.

“Daar is oomblikke tydens die opnames waar ek net wil sê ‘stop die program, ek wil haar net opvreet’. Hulle is so beeldskoon en opreg. Ek het al ’n paar keer met meer as een gedink: ‘F*k, dit is wat ek soek.’ ”

Meer oor:  Boer Rèan  |  Noord-Kaap  |  Realiteitsreeks  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.