Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer soek 'n Vrou: Kupido was darem nie ledig nie
’n Groepfoto van al tien boere en sommige van die pasmaats.Foto: Verskaf

Die 12de reeks van Boer soek ’n vrou op kykNET is op ’n einde, en kykers het Donderdag die kans gehad om te sien watter van die paartjies uit die reeks steeds bymekaar is, en wie nog alleenlopers is.

Soos baie kykers verwag het, het al drie oorblywende paartjies uit die reeks saam by die reünie opgedaag. Die paartjies is: Hentie en Hantie, Graham en Ilne en Willem en Sanel.

Boer Damian en boer Theunis, wie se pad kykers op die reeks gevolg het, het albei alleen opgedaag. Ook drie van die ander boere wie se pad na liefde kykers nie kon volg nie, het alleen by die reünie opgedaag – maar dit beteken nie hulle is alleen nie.

Boer Albert (29), ’n skaap- en wildboer van Noupoort in die Noord-Kaap, het verklap dat hy wel iemand in sy lewe het, maar dat sy weens werkverpligtinge nie saam kon kom na die reünie nie.

Boer Hentie en Hantie.Foto: Verskaf

“Maar ek is regtig die gelukkigste wat ek nog ooit in my lewe was. Ek het ’n ongelooflike mens ontmoet,” sê hy. Hulle het mekaar geken voor die reeks en het kontak gemaak nadat hy op TV was.

Boer Rohan (31), ’n tafeldruiweboer van Augrabies in die Noord-Kaap, het ook iemand in sy lewe, maar hy het haar nie saamgebring nie omdat dinge tussen hulle nog aan die ontwikkel is.

“Ons gaan nou maar die ding ’n go gee en kyk wat oor die volgende paar maande gebeur,” sê hy. “Daar is baie potensiaal.” Hy voeg by dat daar ’n moontlikheid is dat sy in die verre toekoms Noord-Kaap toe kan trek as dinge uitwerk. Hulle het mekaar ook voor die program geken.

Boer Gerrit (31), ’n sitrusboer van Citrusdal in die Wes-Kaap, sê hy het kort ná sy laaste verskyning op TV iemand ontmoet wat toevallig ook Citrusdal toe trek.

“Ons het begin saamkuier, maar dit is nog baie vroeg. Sy is ’n fantastiese meisie en ons leer mekaar nog goed ken. Sy het ongelooflike eienskappe, dié wat ’n mens soek in jou vrou eendag.

Boer Franco (30), van ’n gemengde boerdery op Moorreesburg in die Wes-Kaap, het liefde gevind by die einste vrou wat hy en Leah op die program gebel het.

Sanel en boer Willem.Foto: Verskaf

Ná die oproep het Franco haar weer gebel en sy het op die plaas kom kuier.

“Die naweek daarna is ek na haar toe in Pretoria,” vertel Franco. Nicole en Franco het albei erken daar “brand ’n vlammetjie” tussen hulle. “As daar nie het nie, sou ek nie hier gesit het nie,” sê Nicole. Hulle is egter nog nie amptelik saam nie.

Ook die Engelssprekende boer Brandon (31), ’n skaap- en beesboer van Stutterheim in die Oos-Kaap, het met ’n metgesel opgedaag by die reünie.

Haar naam is Llani en sy het hom ook op TV raakgesien en besluit om hom te kontak. Hulle was toe toevallig albei in Londen en het drie maal saam uitgegaan en die stad verken.

Graham en Ilne, asook Willem en Sanel het gesê hulle is amptelik ’n paartjie. Ook Hentie en Hantie het volgens die ander deelnemers baie verlief gelyk en daar is gespot dat hulle eerste verloof gaan raak uit die spul.

Hentie en Hantie meen weer dit sal Graham en Ilne wees wat eerste verloof raak.

“Hoeveel tyd gaan ons hulle gee? Ses, miskien agt maande?” vra Hantie. “Hulle sal moet gou maak as hulle eerste wil wees,” sê Hentie.

Leah het ook die program gegroet en gesê sy kon nie vir ’n beter groep vra om haar tyd as aanbieder mee af te sluit nie.

Ilne en boer Graham.Foto: Verskaf
Boer Damian.Foto: Verskaf
Boer Franco en Nicole.Foto: Verskaf
Boer Brandon en Llani.Foto: Verskaf
Boere Gerrit, Rohan en Albert.Foto: Verskaf

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.