Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Boer soek ’n vrou’-deelnemer verloof ná eensaamheid
Renette Lotriet, wat haar vir die pas afgelope seisoen van Boer soek ’n vrou ingeskryf het, het op Nuwejaarsdag dié foto van haar en haar verloofde gedeel. Foto: Facebook (Renette Lotriet)

Een van die vroue wat haar vir die afgelope seisoen van Boer soek ’n vrou ingeskryf het, het “met die eerste sonsopkoms van 2020” verloof geraak.

Renette Lotriet, ’n sakevrou van Port Elizabeth, het op Nuwejaarsdag op Facebook bekend gemaak dat sy en Lian du Plessis verloof geraak het en foto’s van hulle gedeel.

“Met die eerste sonsopkoms van 2020 het jy my die gelukkigste vrou ooit gemaak. Nou weet ek hoekom dit die moeite werd is dat God ’n mens se liefdesverhaal skryf.”

Lotriet, oorspronklik van Johannesburg, het op 28 Desember ’n foto van haar saam met Du Plessis gedeel en geskryf: “Vandag drie maande gelede het ek my grootste geskenk ooit ontvang.

“En so is die Here se planne soveel beter as ons eie. Ná jare se hartseer, eensaamheid en amper hoop verloor, is jy vir my gestuur en vir die eerste keer weet ek wat onvoorwaardelike liefde is.”

Lotriet het in die 12de seisoen van die gewilde kykNET-reeks vir die boer Theunis Jordaan van De Doorns ingeskryf en in ’n skokwending die plaas saam met nog ’n deelnemer, Marcia, verlaat.

Theunis het Marcia gekies om aan te bly, maar sy was onseker en het besluit om eerder huis toe te gaan.

“Baie kykers het gehoop dat Renette en Theunis dalk ’n plan kon maak om weer by mekaar uit te kom, maar dit het toe nie so uitgewerk nie,” lui ’n inskrywing op kykNET se webwerf oor die verlowing.

“Renette het weer haar hart oopgemaak vir liefde en toe vind sy iemand.”

• Die reünie-episode van Boer soek ’n vrou word Donderdag om 20:00 uitgesaai.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.