Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘BSV’-deelnemer weer enkellopend

In die heel laaste episode van seisoen 12 van Boer soek ’n vrou op kykNET het boer Franco, een van die vyf boere wat nie vir die hele seisoen op die program was nie, kykers verras met ’n beeldskone blondine aan sy sy.

Nicole was die meisie wat die aanbieder, Leah, en Franco gebel het die dag toe die briewe by hom afgelewer is. Die twee het glo dadelik gekliek en sy het op die plaas kom kuier. Daarna het hy vir haar in Pretoria gaan kuier en sy is saam met hom na die reünie.

Maar die twee is nou nie meer ’n paartjie nie.

Nicole en boer Franco is nie meer ’n paartjie nie.

Volgens kykNET sê Franco hulle het gesukkel met die groot afstand tussen Pretoria en Moorreesburg, waar sy plaas is.

Die twee het egter besluit om vriende te bly. Franco sê: “Ek kan maar kyk of ek nie geluk bietjie nader kan vind nie. Dit is ook ’n nuwe jaar met nuwe uitdagings. Ek dink daar kan iets op die horison wees.”

Hy sê hy het die ervaring geniet en al die boere van die twaalfde seisoen was ’n “spesiale groep”. Hy sê hulle sal nog almal gereeld gesels.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Boer Franco
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.