Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Boer soek ’n vrou’: Die wag is byna verby

Die 13de seisoen van die maatsoekprogram Boer soek ’n vrou begin Donderdagaand uiteindelik op kykNET nadat die produksie daarvan deur die koronaviruspandemie in die wiele gery is.

Dit sou aanvanklik reeds verlede jaar uitgesaai word.

Om die reeks te verfilm “was baie uitdagend,” sê Marciel Hopkins, aanbieder van dié seisoen. “Ek haal my hoed af vir die vervaardigers wat ongelooflik kreatief was terwyl die protokolle om die verspreiding van die virus te keer, streng gevolg is.

“Die formaat van die eerste twee episodes het ’n bietjie verander,” verklap sy. “Ek dink mense gaan baie aanklank vind daarby en verstaan waardeur ons gegaan het.”

Hier is 2021 se toptienboere, val links: Richann, Niel, Albert, Mathys, Stephan, Kobus, Marthinus, PF, Hannes en Déan.Foto: Donna Lewis

Sy sê die verfilming van die reeks het onder strenger inperkingsregulasies begin as wat tans geld, en die regulasies het verslap na die einde van die opnames.

“ ’n Mens moes regtig kophou om veilig te wees en ook die boere op hul gemak te laat voel. Dit is reeds ’n nuwe ervaring vir hulle om kameramense daar te hê en om oor emosies te praat,” sê sy.

“Dit was verskriklik moeilik vir my om nie te kon drukkies gee, troos of iemand net vashou nie - veral in tye van groot opwinding.

“Ek het weer besef hoe belangrik dit is om net ’n teenwoordigheid te wees en om ’n spasie te skep wat vir hulle gemaklik voel.

Marciel Hopkins, aanbieder van die 13de seisoen. Foto: Donna Lewis

“Ek kon dalk nie vir hulle ’n drukkie gee as hulle hartseer voel of opgewonde is nie, maar ek kon daar wees vir hulle en so teenwoordig as moontlik wees.”

Sy het ook geleer hoe belangrik dit is om werklik te luister, nie om heeltyd te dink aan ’n volgende vraag nie.

Hopkins het onlangs verloof geraak aan Handrè Lourens, en sy sê sy het hom gemis wanneer sy ver moes ry na die boere se plase.

“Dit is ’n heel nuwe tipe langafstandverhouding as julle in dieselfde land is, maar jy kan nie jou verloofde sien nie. Hy was so naby, dog so ver.”

Hy het wel in die laaste week van verfilming tyd af geneem by die werk en vir haar gaan kuier.

Sy sê die geleentheid om ’n aanbieder te wees, is iets waarvan sy al jare droom, en sy kon haar ervaring as lewensafrigter gebruik wanneer sy by die boere en hul pasmaats gekuier het.

Die toptien boere is:

• Albert (24): Boer moet rooibostee, sitrus en skape op Clanwilliam, Wes-Kaap.

• Déan (28): Boer met makadamianeute in Mbombela, Mpumalanga.

• Hannes (52): Gemengde boerdery in Kroonstad, Vrystaat.

• Kobus (52): Gemengde boerdery in Randfontein, Gauteng.

• Marthinus (25): Gemengde boerdery in Arlington, Vrystaat.

• Mathys (25): Boer met skaap, bees en bosbou in Dullstroom, Mpumalanga.

• Niel (32): Boer met vrugte in Grabouw, Wes-Kaap.

• PF (30): Boer met vee, groente en saad in Laingsburg, Wes-Kaap.

• Richann (29): Boer met skilderbokke in Vredefort, Vrystaat.

• Stephan (40): Bees- en saaiboer in Lichtenburg, Noordwes

Boer soek ’n vrou word Donderdae van 20:00-21:00 op kykNET uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Boer Soek ’N Vrou  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.