SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Tv
Boer Johan se Christa vind geluk
Christa Meyer en haar nuwe liefde. Foto: Facebook

Die liefde blom weer vir Christa Meyer, ’n jaar ná die opspraakwekkende tiende reeks van kykNET se Boer soek ’n vrou.

Meyer, een van die vroue wat aan boer Johan Uys (60), geskryf het, sê sy en haar geliefde verkies om nie sy naam in die media bekend te maak nie, omdat hulle 2017 se drama “agter hulle wil sit”.

Johan, ’n beesboer van Carolina, Mpumalanga, het in die agtste episode van die tiende reeks twee keer aan die etenstafel vir Meyer gesê: “Genoeg wyn vir jou.”

Daarna het hy haar gevra om vroeg huis toe te gaan, sonder om tien minute alleen saam met haar deur te bring, soos hy met die ander vier vroue in dié episode gedoen het.

Meyer voel steeds dié voorval is met die redigering van die episode uit verband geruk.

“Beeldmateriaal word dikwels, soos met alle realiteitsreekse verkort, maar die konteks van gebeure word behou. Soos kykNET al in die verlede gesê het, is die prosesse deursigtig en is die program se integriteit bo verdenking,” sê Wilmer Muller, woordvoerder vir die werklikheidsreeks.

Netwerk24 het voorheen berig boer Johan het gesê dat die vervaardigers van die program vir hom gevra het om orde aan die etenstafel te herstel nadat die vyf deelnemers wat hy gekies het te luidrugtig geraak het.

’n Kollega van Meyer het Netwerk24 in 2017 gekontak omdat sy wou hê die wêreld moet weet Christa was beslis nie dronk nie.

“Al het sy niks gedrink nie, sou sy steeds opgewek gewees het. By die kantoor lag sy net so; sy lag net aanmekaar. Sy het ’n borrelende geaardheid,” het die vrou op voorwaarde van anonimiteit gesê.

Hoewel Meyer voorheen nog regstappe oorweeg het, het sy besluit om dit te laat vaar, want “die lewe gaan aan”.

Meer oor:  Christa Meyer  |  Johan Uys  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.