Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boer Willem se vrou kan haar eie passies uitleef

Boer Willem sal nie daarvan hou as die vrou wie se hart hy probeer wen elke ander man soen nie, soos in die geval van die onlangse eerste seisoen van Suid-Afrika se eie The Bachelor.

“Maar dis seker maar old fashioned ekke,” sê hy.

Boer WillemFoto: Verskaf

Willem (29) is ’n rooibosteeboer van Clanwilliam in die Wes-Kaap wat hoop om vanjaar sy sielsgenoot op Boer soek ’n vrou te vind.

Die tien boere vir die nuwe seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks is onlangs bekend gemaak. Hulle is tussen 26 en 51 jaar oud, vyf is van die Wes-Kaap, twee van die Noord-Kaap, twee van die Oos-Kaap en een van Gauteng.

Vir die eerste keer is daar ook ’n boer wat op soek is na ’n man as pasmaat, die 37-jarige Damian, ’n skaap- en beesboer van Bapsfontein in Gauteng.

Netwerk24 het al tien die boere beter leer ken en Willem is die agtste boer wat sy hartsgeheime verklap.

Toanette, die eerste vroueboer wat in die topvyf geëindig het, het vir Willem uitgestaan “omdat sy vir die manne gewys het dat dit nie net hulle is wat harte kan wen nie”.

Vir hom is die mooiste vrou in die wêreld sy ma.

“Ek dink op die ou end soek ’n mens ’n vrou soos jou ma,” sê Willem.

Sy toekomstige vrou kan haar eie passies en loopbaan uitleef en ook by die boerdery aansluit.

* Vroue en mans wat droom van ’n lewe op die plaas, kan nou weer vir Boer soek ’n vrou inskryf.

Skryf in op kykNET se webtuiste, www.kyknet.tv, skakel 079 335 5137 of stuur ’n e-pos na boer@marche.media.

Inskrywings sluit op 31 Mei om middernag.

Kykers sal van Oktober af kan sien hoe vaar die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

Meer oor:  Boer Willem  |  Realiteitsreeks  |  Tv  |  Boer Soek ’N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.