Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boere kies hul 3 gunstelinge om plaas toe te gaan

In Donderdagaand se episode van Boer soek ’n vrou op kykNET moes die boere en hul pasmaats hul lywe liedjieskrywer hou toe hulle uitgedaag is om ’n liedjie aanmekaar te slaan met drie lukrake woorde.

Die liedjies wat die pasmaats en hul boere uitgedink het, is getoonset deur die pianis Pedro Kruger, en dit het vir pret gesorg toe die pasmaats saam die nuwe liedjies moes sing.

Boer Willem het selfs ’n draai gedans met een van sy moontlike pasmaats, Sanel.

Boer Theunis en Pedro Kruger skud hand voor hulle ’n liedjie saam moes skryf. Foto: Verskaf

Die vyf boere het hul drie gunsteling-pasmaats gekies nadat hulle kans gehad om bietjie meer tyd met die vroue en manne deur te bring.

Nou is dit duidelik wie saam plaas toe gaan, en al die boere het te kenne gegee dat daar minstens een is wat hul oog vang.

Boer Graham het grappig vir Leah gevra of hy nie al die vroue saam Cradock toe kan neem nie. Uiteindelik het hy vir Ilne, Nicola en Elrene genooi om die lewe van ’n melk- en beesboer van naderby te bekyk.

Boer Damian (37), ’n bees- en skaapboer van Bapsfontein in Gauteng, wat op soek is na ’n man as pasmaat, het vir Arno, Ivan en Andrew plaas toe genooi.

Dijan, een van Damian se vyf aanvanklike keuses, sê na die tyd: “Ek het in soveel woorde vir hom gesê dit gaan moeilik wees om nou van die Kaap af Gauteng toe te trek. En om nou ’n langafstandverhouding aan te knoop, is moeilik.”

Boer Graham en sy moontlike pasmaats dink saam aan lirieke vir hul liedjie. Kruger speel die elektriese klavier.Foto: Verskaf

Boer Hentie (51), ’n rooibosteeboer van Clanwilliam in die Wes-Kaap, se keuses was Hantie, Hester en Des. “Ek het gedink hy sou dalk vir my ’n kans gee om te gaan. Ek het gehoop daarvoor,” sê Ronel. “Maar ek was nou net nie sy keuse nie, so ek het dit so aanvaar.”

Boer Theunis (36), ’n tafeldruiweboer, neem vir Nericha, Marcia en Renette na die plaas in De Doorns in die Wes-Kaap. Renette het erken haar “senuwees was klaar” toe sy net soos verlede week laaste gekies is uit die groep.

Boer Willem (29), ’n rooibosteeboer van Clanwilliam in die Wes-Kaap, neem vir Jhelizé saam plaas toe, asook Sanel en Carissa.

“Om eerlik te wees, het ek nie gedink hy gaan my naam sê nie,” vertel Sanel, ’n student aan die Universiteit van Potchefstroom wie se vriendin namens haar ingeskryf het.

“Ek het myself voorberei dat so iets nie gaan gebeur nie, ingeval die teleurstelling later te groot gaan wees. Maar ek is baie gelukkig dat my naam wel genoem is.”

* Kyk ál die vorige reekse van Boer soek ’n vrou op Showmax

Boer Damian kies die drie mans wat saam met hom plaas toe gaan. Foto: Verskaf
Meer oor:  Kyknet  |  Realiteitsreeks  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.