Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
'Verneuk'-program: Izak kry dreigoproepe

Die joernalis Izak du Plessis het drie dreigoproepe gekry tydens die verfilming van die tweede reeks van die VIA-program Boereverneukers, wat Woensdag begin.

“Ek het dit geensins ligtelik opgeneem nie, maar ek het al geleer mense wat jou wil dood hê, laat weet jou nie daarvan nie.”Hy het dit wel aan die groot klok gehang dat hy hierdie dreigemente gekry het.

Die stories van berugte skelms word in Boereverneukers vertel.

In die tweede reeks het hulle “gevaarlike karakters” besoek.

“ ’n Mens voel ’n bietjie ongemaklik, maar ’n storie is soms net te great om te ignoreer en daar is soveel op die spel. Mense is ingeloop.”

Die produksiespan het weerstand van die inwoners van Garies in die Noord-Kaap gekry toe hulle op pad was na die plaas van Adriaan Nieuwoudt, eertydse kubuskoning.

Hy verkoop deesdae huise aan beleggers op sy plaas.

Izak du Plessis Foto: VIA

Nieuwoudt se verhaal is in die eerste reeks bespreek, maar Du Plessis kon nie met hom self praat nie.

“Hy het aanvanklik (met die tweede reeks) weer nee gesê. Toe het hy my bevriend op Facebook. Ons was in Desember in die Namakwaland toe ons hoor ons kan nou met hom praat.

“Ondersteuners van Adriaan het met plaasbakkies die produksiespan voorgekeer. Ek was reeds vooruit op die plaas. Ek het die polisie om hulp gebel dat die produksiespan die dorp met polisiebegeleiding kan verlaat en na Adriaan se plaas ry.

"Daar is baie mense wat geweldig swaarkry weens die dade van swendelaars.”

“Ons wil mense in die program insluit as daar aantygings teen hulle is.”

Ander onderwerpe sluit in die Krion-piramideskema waarvan Marietjie Prinsloo die baasbrein was, en Burre Burger wat desperate droogteslagoffers na bewering wou inloop.

Die Suid-Afrikaanse bokser Robey Leibbrandt, wat in die Tweede Wêreldoorlog ’n opstand in die land wou bewerkstellig, se verhaal vind ook neerslag. Hy het glo opdragte van Adolf Hitler gekry.

Izak du Plessis
Izak du Plessis in 'Boereverneukers'.

Die eerste reeks het aangesluit by Du Plessis se boeke Boereverneukers: Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters en Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand.

Met die tweede reeks het hulle na ander stories gesoek.

“Met Marietjie Prinsloo het ek gedink dié storie is al oud, maar ons het in Vanderbijlpark mense uitgevra en ons het op ’n nuwe hoek afgekom. Jy kan nie glo wat mense doen om ander mense te verneuk nie. Daar is baie mense wat geweldig swaarkry weens die dade van swendelaars.”

Boereverneukers word Woensdae om 21:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai.

Izak du Plessis
Izak du Plessis het "gevaarlike karakters" in die tweede reeks van 'Boereverneukers' besoek.
Meer oor:  Via  |  Izak Du Plessis  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.