Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Boersoek: Rox-Zee wou ’n stoute soen inwerk

Sy wou eintlik net bietjie alleentyd met Boer Rèan hê om ’n stoute soen in te werk, juis omdat daar “baie met ’n soen gesê kan word”.

Dit was Rox-Zee se hoop wat sy in Donderdagaand se episode van die werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou, uitgespreek het nadat elkeen van die boere se gaste ’n tweede dag op die boere se plaas deurgebring het.

“Ek glo ons het ’n konneksie. Ek hou baie van hom en ek hoop daar is nog bietjie alleentyd met mekaar,” het sy gesê.

Boer Rèan Foto: Verskaf

Dié wyn-en-pekanneutboer van Groblershoop in die Noord-Kaap het die oggend ná sy gaste se eerste aand op die plaas met trots gesê hy het niemand gevry nie.

“Ek het gelukkig niemand gisteraand gevry nie. Ek wou, maar ek het nie,” het hy geskerts.

Hy het egter nadat hy en die drie vroue ’n wynkelder besoek het en ’n middagete geniet het, gesê hy weet nou waar sy kop staan met betrekking tot wie hy eerste huis toe wil stuur.

Boer AndréFoto: Verskaf

“Ek het voorheen ander goed gedink, maar ek het nou my gedagtes heeltemal verander,” het hy gesê.

Die tyd stap ook al hoe nader vir die vier ander boere van die reeks om een van die drie vroue wat na hulle plaas toe genooi het huis toe te stuur.

Minstens twee ander boere het in die episode gesê hulle het met die kuier op die plaas ’n beter idee van wie hulle daar wil hou.

“Ek het ’n baie beter konneksie met twee van die manne,” het Boer Toanette, wat ’n wildplaas naby Modimolle in Limpopo bestuur gesê.

Sy het gesorg dat haar drie gaste, Carlo, Adriaan en Nardus, die oggend saam met haar en die plaas se hiëna koffie drink voordat sy hulle op ’n 4x4-tog oor kranse en deur dale geneem het.

“Ek leer elke dag iets nuut van die manne, maar ek kort iemand wat standvastig is en besef wat die werk van my vereis en wat daarby inpas,” het sy gesê.

Voor van links na regs is Adriaan, Carlo en Boer Toanette met Nardus agter in die voertuig. Foto: Verskaf

Boer André van Colesberg in die Noord-Kaap het met individuele lesse sy gaste gehelp met hul tennis-afslaantegnieke.

Hy het veral gehelp deur hulle om die heupe vas te hou.

“Ek het eintlik ’n plan gehad met die heupe. Ek wou bietjie vat en voel hoe voel hul heupe. Ek wou ook sien of daar ’n spark was,” het hy ná die lesse gesê.

Meer oor:  Boer Rèan  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.