Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Bolhuis wil nou brûe bou

Mike Bolhuis sê hy het geen verwagtinge dat die tweede seisoen van sy televisiereeks uitgesaai gaan word nie.

Dit kom nadat ’n opname waarin hy glo rassistiese opmerkings maak, aan die lig gekom het.

Kort voordat die tweede seisoen van Bolhuis op kykNET op 31 Julie uitgesaai sou word, is aangekondig dat dié televisieprogram vir eers gekanselleer is.

Daarna het Rapport berig Bolhuis het ’n uitlating in ’n stemnota gemaak aan ’n student van Potchefstroom wat hom gekontak het omdat hy afgedreig word met kaalfoto’s.

Mike BolhuisFoto: kykNET

Volgens Rapport het kykNET se bestuur die stemnota bekom en het ná regsadvies besluit om eerder die tweede seisoen van Bolhuis te kanselleer.

“Op Donderdag 15 Augustus het ek om verskoning gevra vir die neerhalende terme wat ek gebruik het om te verwys na ’n sindikaat van Wes-Afrika. Dit was in ’n gesprek met ’n jong student wat ’n slagoffer geword het van die sindikate wat beplan het om hom af te pers,” sê Bolhuis Vrydag in ’n verklaring.

Hy sê hy het dié uitdrukking in woede gebruik maar dat hy later besef het sulke taal ander kan seermaak en die mense van Suid-Afrika verder kan verdeel.

“Ek dink in geen manier dat my verskoning my kwytskeld nie en ek het geen verwagtinge dat my televisieprogram gaan voortgaan nie.”

Bolhuis sê dat hy in sy stryd teen misdaad baie vyande gemaak het, en dat daar nou “opportunistiese pogings” gaan wees om hom verder te diskrediteer.

As verdere gesprekke ontstaan wat my beskryf as iemand wat diskrimineer, wil ek hê die publiek moet verstaan dat ek nou deel wil wees van die oplossing vir Suid-Afrika se probleme.

“As verdere gesprekke ontstaan wat my beskryf as iemand wat diskrimineer, wil ek hê die publiek moet verstaan dat ek nou deel wil wees van die oplossing vir Suid-Afrika se probleme.”

Hy sê sy fokus, behalwe vir misdaadbekamping, sal nou ook op versoening wees om die brûe tussen mense te bou.

“My verskoning is onvoorwaardelik, nie net vir neerhalende taal wat ek voorheen gebruik het nie, maar vir die feit dat ek nie my dienste vroeër aangebied het om ’n verenigde land te bou nie.”

Meer oor:  Mike Bolhuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.