Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Bonnie, Clyde se storie uit polisie se hoek

The Highwaymen ***

 Met Kevin Costner en Woody Harrelson.

Regisseur: John Lee Hancock

Arthur Penn het in 1967 ’n sensasie veroorsaak toe hy die wrede storie van die bankrowers Bonnie Parker en Clyde Barrow vertel het, uit húl oogpunt. Dit het die rolprentbedryf verander, en was verantwoordelik vir ’n nuwe styl waarin die anti-held voorrang geniet. Die polisie was dikwels vasgevang in vervelige agtergrondtonele wat met die koel aksietonele ingemeng het. Die gereg is selfs bespotlik gemaak.

In hierdie Netflix-weergawe word dieselfde storie dié slag deur die polisie vertel, spesifiek twee taai, deurwinterde rangers wat die booswigte moes vastrek. Ongelukkig was hul soektog aanvanklik vrugteloos, dus swaai die vermaaklikheidskaal nou na doodgewone polisiewerk, nie aksie nie.

In The Highwaymen bly die styl feitelik en strak. Ons sien Bonnie en Clyde ook nie voor die einde nie, moontlik omdat die rolprentmakers nie sensasie rondom hulle wou wek nie. Hulle was in elk geval nie naastenby so aantreklik soos Warren Beatty en Faye Dunaway destyds nie. In The Highwaymen se geval is hulle ’n bose teenwoordigheid buite die skerm.

Polisiewerk berus dikwels op wag, beplanning en lokvalle stel, en dit is wat hierdie rolprent uitbeeld. Die slottonele, wat so ’n opskudding in Arthur Penn se hande veroorsaak het, bly skokkend, maar sonder die destydse sensasie. Die feit bly dat die geweldenaars brutaal gesterf het. En dit is wat die fliek verduidelik. Dit is gruwelik dat die publiek hulle as helde gesien het, want hulle was gewetenlose moordenaars.

Kevin Costner en Woody Harrelson, hardebaard-akteurs, lewer uitmuntende vertolkings sonder maniërismes.

Dis ’n lang en stadige fliek, maar sonder enige verglansing.

  • Op Netflix.
Meer oor:  Televisiereeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.