Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Bouer van verhoë, stelle sluit sy deure

Die onderneming Just Sets, wat hom die afgelope 32 jaar op die bou en ontwerp van verhoë en stelle in die geleentheids-, musiek-, teater- en TV-bedryf toegespits het, het ook weens die impak van die Covid-19-pandemie gevou.

Just Sets was verantwoordelik vir ‘Jou show’ op kykNET se stel. Foto: justsets.com

Volgens ’n inskrywing, getiteld The Final Curtain Call wat Donderdag op Just Sets se Facebook-blad gepubliseer is, gaan die onderneming sy deure einde Februarie sluit.

Neil Fowler, Just Sets se direkteur, sê aan Netwerk24 dié besluit is in Desember geneem nadat pres. Cyril Ramaphosa strenger vlak 3-maatreëls aangekondig het.

“Dit was die laaste spyker in ons doodskis,” sê hy.

“Ek onthou die aankondiging so goed, want ons het ’n geleentheid in ’n winkelsentrum gehad en is kort daarna gevra om alles wat ons opgerig het, te verwyder.”

Dít was net die soveelste voorval in ’n nagmerriejaar vir die onderneming en die bedryf, sê Fowler.

“Dit (die besluit om te sluit) het ook maar daarop neergekom dat die hele geleentheidsbedryf tot stilstand geruk is – selfs nog voor die amptelike begin van die staat van inperking (in Maart) omdat byeenkomste voor dit reeds beperk is.”

Hy sê hulle het die res van 2020 hier en daar loswerk gedoen, maar dit was net genoeg om ’n “paar gate toe te stop, en rekeninge en werknemers te betaal” – nie om die onderneming volhoubaar te hou nie. Daar gaan nou 48 werknemers werkloos wees.

Die onderneming is in 1989 in Johannesburg deur Fowler se pa, Colin, en sy vennoot Chris Hicks gestig. Hulle het hulle sedertdien as een van die voorste bouers en ontwerpers van verhoë en stelle in Suid-Afrika gevestig.

Van hul werk sluit in die Mej. Wêreld-kompetisie, wat in 1994 en 1995 in Sun City aangebied is, Huisgenoot se Skouspel-konsert, die stel van die kykNET-program Jou show en die kanaal se Silwerskermfees, asook die Wêreldbeker-sokkertoernooi se finale loting in 2009 in Kaapstad.

“Daar is werklik te veel hoogtepunte om op te noem – ek sal moet gaan sit en dink wat ons alles oor die jare vermag het.

“Dit is hartseer, dit is moeilik, maar om billik te wees: Dit is die regte ding om te doen om nie nou geleenthede tydens die pandemie aan te bied nie. Dit is net jammer dat die kunste- en die toerismebedryf, wat mekaar se hande was, juis daarom aan die kortste ent trek.”

Fowler sê hy het nog nie veel oor die toekoms gedink nie omdat hy eers sake by Just Sets wil afhandel.

“Ek dink nie ek wil die bedryf geheel en al verlaat nie, maar ek wil ander moontlikhede oorweeg, dalk iets wat nie heeltemal op die geleentheidsbedryf staatmaak nie. As iets soos die pandemie weer gebeur, sal ek op ’n plek wil wees wat meer dinamies is.”

Meer oor:  Silwerskermfees  |  Sun City  |  Kyknet  |  Skouspel  |  Huisgenoot  |  Mej. Wêreld  |  Wêreldbeker-Sokkertoernooi  |  Fifa  |  Cyril Ramphosa  |  Koronaviruspandemie  |  Teater  |  Pandemie  |  Tv  |  Inperking  |  Flieks  |  Fliek  |  Koronavirus  |  Dans  |  Covid-19-Pandemie  |  Musiek  |  Covid-19  |  Covid  |  Staat Van Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.