Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
BSV: Liefdesvonk kort, toe gaan sy huis toe
Hester en Hantie.

“My hart sê vir my daar is nie ’n liefdesvonk of ’n vuur wat in hierdie stadium tussen my en hom gevoel kan word nie. Ek wil nie deel wees van môreaand se uitstemming nie.”

Met hierdie woorde het Hester, een van die twee vroue wat by boer Hentie op die plaas in Clanwilliam gekuier het, besluit om vroeg huis toe te gaan.

In Donderdagaand se episode van Boer soek ’n vrou op kykNET is daar nie ’n uitstemming gehou nie, maar Hester het ná haar persoonlike gesprek met Hentie gesê sy lyftaal wys vir haar hy stel nie soveel in haar belang soos sy in hom nie.

“Ek het ná vanmiddag se tyd wat ons alleen saam gehad het, besluit die vonk wat van die begin af tussen ons was, met die tyd getaan het,” het Hester aan Hentie gesê.

“Ek is jammer, maar ek sien nie kans om aan te gaan nie. Dit is nou nie vir my die moeite werd nie.”

My hart sê vir my daar is nie ’n liefdesvonk of ’n vuur wat in hierdie stadium tussen my en hom gevoel kan word nie.
Hester sê vir Hentie dat sy nie meer op die plaas wil wees nie.

Hentie het net sy kop geskud en gesê: “Ek respekteer jou eerlikheid. Dit is jammer, maar ek aanvaar dit so.”

Hy het later gesê hy gaan geen druk op die oorblywende pasmaat, Hantie, sit nie, en sê hy sal hom deur haar laat lei.

“As sy hier wil wees is dit reg, maar ek sal die hou vat op die ken,” sê Hentie.

Ná Hester se vertrek het Hantie gesê: “Dit maak dit vir my sleg, want dit laat my wonder of ek die een is wat Hentie sou wou kies?’ Wat gaan nou gebeur? Gaan hy my vat net omdat ek die laaste een oor is?”

Sy gaan voort: “Dit laat my glad nie beter voel nie. Dit maak dit glad nie makliker nie.”

Hester sê in die motor op pad huis toe: “Ek voel eintlik verlig. My hart was nie gereed nie.”

Hoewel dit ’n moeilike aand in Clanwilliam was, is liefde aan die blom op boer Graham se plaas in Cradock in die Oos-Kaap.

“Ek het klaar besluit wie ek môre gaan kies,” sê boer Graham. “Ek wil so nou en dan vir myself sê, ‘jinne Graham, jy is in die moeilikheid’,” sê hy en lag. “Ek was al baie verlief. Ek is ’n sucker vir verlief raak.”

Ilne, Nikola en Graham.

Hy het nie verklap of hy gevoelens begin kry vir Nikola of Ilne nie, maar hulle was oop oor hul ervarings.

“Ek het half ’n gevoel dat hy my gaan kies,” sê Ilne. “Ek dink vanmiddag, toe ons alleentyd gehad het, het ek net ’n gevoel gekry dat dit is wat gaan gebeur.”

Nikola sê: “Ek is nie heeltemal seker of ek die regte persoon vir Graham sal wees nie. Ek dink ons kom baie goed oor die weg, maar op die oomblik voel ek regtig nog net vriendskap.

“Ek is baie bly dit is ons laaste aand saam. Ek is reg vir die huis, ek mis die bekendheid. Ek dink as hy vir Ilne kies, gun ek hulle alles,” sê Nikola.

Ek is nie heeltemal seker of ek die regte persoon vir Graham sal wees nie.

Boer Theunis het ná alleentyd met Marcia en Renette gesê Renette was duideliker oor haar gevoelens teenoor hom, en dat sy graag op die plaas wil bly, terwyl Marcia gesê het sy het meer tyd met hom nodig voordat sy kan besluit.

Carissa het ná haar gesels alleen met boer Willem gesê dit voel of ’n berg van haar skouers af is nadat sy met hom kon deel hoe sy voel.

“Julle gee vir my muisneste,” het Willem vir Sanel gesê in hul alleentyd. Sy sê sy weet steeds nie wat in sy kop aangaan nie.

In volgende week se episode is dit tyd vir die boere om te besluit watter pasmaat hulle nóg beter wil leer ken. Dit kan die dag wees waarop die boer die een kies wat moontlik die liefde van sy lewe kan wees.

Boer soek ’n vrou word Donderdae om 20:00 op kykNET uitgesaai.

Meer oor:  Boer Soek 'N Vrou  |  Boer Hentie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.