Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Carte Blanche’ vier Sondag sy 30 j. op kassie

Die aktualiteitsprogram Carte Blanche, wat deur die jare derduisende mense aangegryp en vermaak het, vier Sondag sy drie dekades op die kassie.

Volgens Ruda Landman, wat van die begin af tot in 2007 die medeaanbieder was, het dit haar lewe heeltemal verander.

Ruda Landman

Landman en Derek Watts (wat steeds een van die aanbieders is) het in 1988 met die baanbrekerswerk vir die program begin.

“Ek het nie voorsien dat die program so lank sou aanhou nie,” sê sy. “As joernalis het dit my uit my boksie geskop. Ek het met so ’n wye verskeidenheid mense in aanraking gekom en so baie van die wêreld geleer. Ek is dankbaar dat ek deel daarvan kon wees.”

Sy sê dat sy ook altyd baie verantwoordelik gevoel het.

“In die eerste tien jaar van die program het soveel dinge verander. Ons moes die kykers help verstaan en mense aan hulle voorstel wat hulle altyd in ’n heel ander lig gesien het.”

Watts sê hy het baie ongelooflike dinge beleef en met wonderlike mense onderhoude gevoer. Hy is baie dankbaar vir elke mens wat die program in ’n klein of groot mate gehelp het.

Derek Watts

“Die kykers het ons aangeneem. Hulle het ons baie geprys en gekritiseer. Ek is baie dank verskuldig aan die regsgeleerdes wat my baie uit die pekel gehelp het,” sê hy spottend.

Saam met die uitvoerende vervaardigers, joernaliste en ander aanbieders soos Devi Sankaree Govender (2002-), Claire Mawisa (2015-), Macfarlane Moleli (2018-)

John Webb (2004–) en Bongani Bingwa, sê hy het hulle die program oor die jare uitgebou en verbeter.

“Ek dink M-Net was besonder dapper om met die program te begin.”

Carte Blanche is die aktualiteitsprogram wat die langste op plaaslike televisie bestaan. Dit is ook die program op M-Net 101 wat die meeste gekyk word. Die 30ste verjaardag van die program word Sondag (26 Augustus) om 19:00 met ’n verjaardaguitsending van 90 minute gevier wanneer na die hoogtepunte van die afgelope drie dekades gekyk sal word.

Meer oor:  M-Net  |  Ruda Landman  |  Carte Blanche  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.