Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Chernobyl’ is topreeks van die dekade
’n Toneel uit die topreeks ‘Chernobyl’. Dit is steeds op Showmax te sien.

Volgens die toonaangewende internet-rolprentdatabasis IMDb is Chernobyl die topreeks van die afgelope dekade met Game of Thrones en Rick and Morty kort op sy hakke.

Die toptienlys, waarvan vyf reekse op Showmax te kry is, lyk so: Ná Chernobyl, Game of Thrones en Rick and Morty volg die BBC-reeks Sherlock (4), The Mandalorian (5) wat uit Star Wars spruit, die misdaadreeks True Detective (6, ook op Showmax), die Turkse misdaadreeks Sahsiyet (7), Fargo (8, ook op Showmax), When they see Us (9) en die Indiese webreeks TVF Pitchers (10).

Chernobyl

Dié gedramatiseerde reeks gaan oor die kernkragramp in 1986 in Oekraïne en die dapper mans en vroue wat ongelooflike opofferings gemaak het om Europa van ’n ondenkbare ramp te red.

Volgens Collider.com laat Chernobyl die kollig helder skyn op die gevolge van ’n regering wat sy eie agenda bo dié van menselewens stel.

“Dat Chernobyl se première in Mei vanjaar nie deur die laaste seisoen van Game of Thrones oorheers is nie, getuig van sy trefkrag. Vanity Fair se siening is dat “Chernobyl nie net goeie televisiemateriaal is nie, maar dat dit ook die grense van geskiedkundige storievertelling verskuif het.”

Johan Renck (Breaking Bad, The Walking Dead) is die regisseur van dié minireeks met Jared Harris (The Crown, Mad Men), Stellan Skarsgård (Mamma Mia, Good Will Hunting) en Emily Watson (Hilary and Jackie, Breaking the Waves) in die hoofrolle.

* KLIK EN KYK CHERNOBYL OP SHOWMAX

Game of Thrones

Toe die Sewe Koninkryke van Westeros oorlog verklaar om die mees ikoniese troon in die geskiedenis van televisie in te palm, het kykers te doen gekry met die wreedste koninginne, die lojaalste ridders, tragiese helde, van die boosaardigste skurke, asook passie, ambisie, mag, seks en natuurlik die dood.

Dié fantasiedrama gegrond op RR Martin se boek A Song of Ice and Fire het die grootste reeks van die dekade geword. Dit het al die rekords vir kykertalle, pryse en produksie-begrotings oortref.

USA Today het dit as die maatstaf vir ’n pop-kulturele ervaring van die millenniërgenerasie gestel.

Dit is nommer een op Buzzfeed se lys van die beste 55 beste TV-programme en het ’n rekordgetal van 58 Emmy-pryse ontvang.

Rick and Morty

Rick and Morty gaan oor die wetenskapgenie Rick wat sy skugter kleinseun op uiters gevaarlike avonture na verskillende planete in die heelal sleep.

Die reeks het as ’n parodie op Back to the Future begin en gou in een van die beste en mees emosionele wetenskapfiksie-reekse verander.

Toe Kanye West hoor ’n vierde seisoen is aan die kom, het hy getwiet: “Dit is wonderlike nuus. Rick and Morty is my gunstelingreeks. Ek het elke episode minstens vyf keer gekyk.”

Meer oor:  Chernobyl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.