Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Chinese briesend oor ‘Game of Thrones’ gesensor is

Chinese bewonderaars van die gewilde fantasiereeks Game of Thrones sit droëbek.

Ses minute is uit Sondag se première van die finale reeks gesny. Tonele met geweld, prostitute en een geval van kru taalgebruik was vir die Chinese sensors een te veel.

Dit is ironies, gegewe dat geweld en naaktheid dikwels in die reeks, wat al nege jaar wêreldwyd gevolg word.

Kit Harington kom by die première van die laaste seisoen van Game of Thrones aan by Radio City Music Hall in New York.Foto: Reuters

Hoewel die Chinese mediareus Tencent die eksklusiewe regte op die trefferreeks besit, waar dit op die maatskappy se webblad en app in China gevolg kan word, is HBO nie vir die algemene publiek beskikbaar nie. Dit laat die gesensorde weergawe as die enigste “wettige” opsie vir plaaslike kykers, luidens ’n CNN-berig.

Die reeks ondersoek die bloeddorstige gevegte tussen twee adellike families wat in ’n titaniese stryd gewikkel is om die ystertroon te beset in die fiktiewe Westeros-wêreld. Die agtste en laaste reeks het hierdie afgelope Sondag begin. Chinese bewonderaars van die reeks het nie op hulle laat wag nie en het hulle onmiddellik tot sosiale media gewend met hul griewe dat hulle nie die volle episode kon sien nie.

Business Insider in Amerika berig dat die Chinese inderdaad net 48 minute van die 54 minute van die episode “Winterfell” kon sien. Op die Chinese sosiale netwerk Weibo, kla bewonderaars dat tot “vegtonele” in die slag gebly het. Een bewonderaar sê dit maak nie sin om hoegenaamd na Game of Thrones te kyk as die gevegte uitgesny is nie.

China is bekend om hul streng sensuurwette. In die biografiese rolprent Bohemian Rhapsody is die toneel waar die akteur Rami Malek as Freddie Mercury erken hy is biseksueel gesny, asook die toneel waar sy toekomstige minnaar bekend gestel word, berig Business Insider verder. Selfs verwysings na MIV/vigs is uitgedoof.

’n Blogger wat vir die webblad Douban ’n resensie van die eerste episode geskryf het, voel só gebelg dat hy glo kykers moet summier ’n hofsaak teen Tencent begin, berig CNN.

Volgens die webblad Buzz.ie is ’n sekstoneel waarby prostitute betrokke is verwyder asook nabyskote van mense wat doodgemaak word met ’n byl en pyle en een voorval van iemand wat kru taal gebruik. Buzzie.ie berig verder dat dit nie duidelik is of die Chinese regering die snitte gemaak het en of dit deur die stromingsdiens aangevra is nie.

Meer oor:  Televisiereeks  |  Game Of Thrones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.