Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Cox onthou nie veel van ‘Friends’ nie

Courteney Cox sê sy onthou nie veel van Friends en haar rol as die neurotiese sjef Monica Geller nie.

“Ek onthou nie eens dat ek in die reeks was nie. Ek het so ’n slegte geheue,” het Cox via video op die geselsprogram Jimmy Kimmel Live gesê.

“Ek onthou natuurlik dat ek baie lief was vir almal en dat ons pret gehad het en sekere dele van my lewe, maar ek onthou nie episodes nie.”

Cox het met Kimmel se susterskind ’n aanlyn speletjie gespeel en kon nie onthou wie Monica haar eerste soen gegee het of wie Monica te hulp gesnel het toe dié deur ’n jellievis gesteek is nie.

Die reeks was vir tien seisoene van 1994 tot 2004 op die lug.

Die Friends-reünie is vir eers uitgestel weens Covid-19. – CNN

Meer oor:  Courteney Cox
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.