Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Daar is liefde in die lug op ‘Boer soek ’n vrou’

Boer Réan het alleen opgedaag by die reünie van Boer soek ’n vrou se 11de seisoen.

Maar dinge is nie altyd soos dit lyk nie.

Boer Cassie en Alyssa.

Die Engelse Rox-Zee was nie aan sy sy nie, maar bloot omdat sy saam met haar ma in Engeland was en die vliegkaartjies vir die reis lank vooruit bespreek was. Anders sou sy ongetwyfeld daar gewees het.

Die paartjie is nog smoorverlief.

“Ons is steeds sterk aan die gang. Ek wil met haar trou. Sy stuur vir my sulke morsige ringfoto’s daar van Engeland af,” het Réan Donderdagaand in die laaste episode van die reeks gesê.

“Ek het meer gekry as wat ek gesoek het. Ek is só dankbaar.”

Al tien die boere van die seisoen het vir oulaas saam in Saldanhabaai aan die Weskus gekuier.

Alyssa het saam met boer Cassie by die reünie opgedaag, maar hulle is steeds nie in ’n “amptelike verhouding” nie.

“Ons is meer as vriende, maar ons vat dit stadig,” sê Cassie.

Boer André en Rozanne.

“Ek hou baie van Alice (soos hy haar noem) en ek dink sy voel dieselfde oor my, maar ek wil net nie in iets spring en dan werk dit nie uit nie.”

Cassie hou die meeste van Alyssa se glimlag en sy hou daarvan dat sy haarself by hom kan wees.

“Hy laat my lag,” sê Alyssa.

Boer Toanette en Nardus was saam by die reünie.

“Die opsies om iemand anders te ontmoet is toe. Ons fokus op mekaar en leer mekaar ken,” sê sy.

In die laaste episode van die 11de seisoen van Boer soek ’n vrou het al tien die boere saam in Sodwanabaai in KwaZulu-Natal gekuier.

Boer Duncan het alleen by die reünie opgedaag, sonder Kelly.

Hy sê dinge tussen hulle het ’n bietjie skeefgeloop tydens die vakansieweek in Lesotho (verlede week se episode). Hulle het toe al ooreengekom om eerder net vriende te wees en Kelly het dus besluit om nie die reünie by te woon nie.

Onsekerheid het ’n groot rol in dié keuse gespeel.

“Wanneer jy so vroeg in ’n verhouding twyfel, maak dit dinge selfs moeiliker,” sê Duncan.

Boer André het van oor tot oor geglimlag toe hy met ’n vrou langs hom by die reünie opdaag.

Hy het Rozanne deur ’n gemeenskaplike vriend ontmoet.

Sy het al by André op die plaas gekuier, maar in hierdie stadium leer hulle mekaar nog ken.

“Ek het ’n groot kalmte. Hierdie is gemaklik en lekker,” sê André.

Boer Toanette en Nardus.

Boere wie se liefdesverhaal nie op kamera vasgevang is nie, was ook by die reünie.

Boere Johan, Frikkie en Marx het nog nie liefde gevind nie en alleen opgedaag.

Johan sê hy het baie onlangs ’n potensiële liefdesmaat ontmoet, maar hulle sal nog sien hoe dinge verloop.

Boer Byron het vir Sharni saam na die reünie genooi. Hulle het mekaar by ’n rugbywedstryd op Nuweland in Kaapstad ontmoet.

Byron geniet Sharni se humorsin en sy bewonder Byron wat altyd gedrewe en gemotiveerd is.

Boere Frikkie, Marx en Johan.

Boer Schalk het ook met ’n vrou by die reünie opgedaag.

Henriëtte is een van die vroue wat vir hom ’n brief geskryf het. Haar brief het hom opgeval en hy het haar gebel. Hulle het lekker gesels en die res is geskiedenis.

“Sy is my puzzle-stukkie wat nou daar inpas,” sê Schalk, maar voeg by dat hulle dit rustig vat.

En só kom nog ’n avontuur van Boer soek ’n vrou vir eers tot ’n einde.

“Die boere-Cupido, wat hom weer goed van sy taak in die 11de seisoen van Boer soek ’n vrou gekwyt het, kry reeds sy pyl en boog reg vir 2019 en inskrywings vir die volgende reeks sal einde Februarie begin,” sê Wilmer Muller, woordvoerder van die reeks.

Boere Réan en Duncan.
Boer Byron en Sharni.
Meer oor:  Boer Rèan  |  Realiteitsreeks  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.