Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Damian deel sy ‘Boer soek’-pad op Facebook

Boer Damian, die eerste gay boer op die gewilde TV-reeks Boer soek ’n vrou op kykNET, het besluit om op Facebook van sy pad met dié program te vertel.

“Ek is baie dom met social media,” skryf boer Damian (37), ’n bees- en skaapboer van Bapsfontein in Gauteng, op sy eie Facebook-blad. 

“En ek sal graag my storie wil deel met meer as net 5 000 vriende. Daarom, en vir daai rede alleen, het ek maar ’n page begin. Want daar kan meer as 5 000 mense sien wat aangaan in my lewe,” sê hy.

Die blad se naam is net “Damian” en kan gekry word by @boerdamian op Facebook. Teen Dinsdagoggend het die blad reeds byna 2 000 lede gehad.

Boer Damian Foto: Verskaf

“Dankie sover vir almal se ondersteuning,” sê Damian, wat die meeste briewe ontvang het van al tien die boere in vanjaar se reeks.

“Ek staan elke dag verbaas oor hoe ons kan saamstaan in ’n wêreld waar ons (as gay mense) nie verstaan word nie.”

Die vier ander boere wat in vanjaar se reeks liefde soek, is boer Graham (26), ’n melk- en beesboer van Cradock in die Oos-Kaap, boer Theunis (36), ’n tafeldruifboer van De Doorns in die Wes-Kaap, boer Willem (29), ’n rooibosboer van Clanwilliam in die Wes Kaap, en boer Hentie (51), ook ’n rooibosboer van Clanwilliam en die oudste boer in die huidige reeks.

Boer soek ’n vrou word Donderdae om 20:00 op kykNET uitgesaai. In hierdie week se episode kom moontlike pasmaats van heinde en ver vir ’n kort kennismaking met die boer van hul keuse.

Vyf minute, vyf boere, 50 belangstellendes – eerste indrukke is alles.

Aan die einde van hierdie dag word vyf metgeselle gekies om die boer beter te leer ken.

* Kyk na al die vorige reekse van Boer Soek ’n vrou op Showmax

Meer oor:  Boer Damian  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.