SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Tv
‘Days of our Lives’ se dae dalk getel

Dit lyk of Days of our Lives die einde van sy dae begin nader.

Dié Amerikaanse sepie begin einde vandeesmaand met ’n lang verposing, maar daar is genoeg episodes in die sakkie tot die einde van die jaar, en dalk selfs nog tot vroeg in 2020.

Volgens die webwerf TVLine, wat die aankondiging gedoen het, het die produksiemaatskappy Corday die hele geselskap van hul kontrakte onthef.

Dit was ’n onsekere tyd vir die span weens die dalende kykertal.

Hollywood Reporter berig gemiddeld 2 miljoen mense kyk daagliks ná die sepie.

Die 55ste seisoen se episodes word op die oomblik in Amerika uitgesaai.

Days of our Lives het die laagste kyksyfers van die vier daglig-sepies, wat insluit The Young and the Restless, The Bold and the Beautiful en General Hospital.

Suid-Afrikaners hoef egter nie te vrees dat hulle binnekort nie meer Days of our Lives sal kan kyk nie, aangesien die 51ste seisoen nou op e.tv (DStv 194) op weekdae om 17:15 uitgesaai word.

Meer oor:  Days Of Our Lives
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.