Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Moleste van die 1ste dag in ‘Trap! Dis my huis’

Reeds in die eerste episode van VIA se nuwe werklikheidsreeks, Trap! Dis my huis, het die hare gewaai toe van die deelnemers kos weggesteek het.

In dié reeks, wat deur die aktrise Amalia Uys en die radiopersoonlikheid Zoë Brown aangebied word, woon 50 mense vir drie weke in ’n tweeslaapkamerhuis in ’n Kaapse voorstad en ding mee om ’n prys van tot R1 miljoen.

Die program herinner aan Big Brother met dié dat daar kameras en mikrofone deur die hele huis is. Die persoon wat dit die langste kan uithou, wen die boerpot.

Die reeks, wat Woensdagaande uitgesaai word, is reeds gewild onder kykers, met baie wat die deelnemers kritiseer omdat hulle van die kos gesteel en dit weggesteek het die oomblik toe hulle die huis binnekom.

Die radiopersoonlikheid Zoë Brown, een van die aanbieders, praat met deelnemers in die sitkamer.

Nie net is daar net slaapplek vir twee mense nie, maar daar is ook net kos en toiletware vir twee. Indien die groep nog wil koop, is dit peperduur. ’n Rol toiletpapier kos byvoorbeeld R1 000 en ses biere R5 000.

Die geld kom uit die R1 miljoen-boerpot, so die deelnemers moet almal saam besluit watter kos, skoonmaakmiddels en toiletware hulle werklik nodig het. Hulle het ook die geleentheid om die geld deur speletjies en kompetisies te vermeerder. Die geld wat oorbly, is die wenner s’n.

In verlede week se episode het al 50 deelnemers vir die eerste nag gebly en mense het op die stoep, die kombuistoonbank en selfs bo-op mekaar geslaap.

In die middel van die nag het water uit die stort gestroom en die deelnemers was glad nie beïndruk nie.

Volgens ’n stemming deur die deelnemers is die helfte van hulle as “veilig” gemerk, terwyl die ander helfte in gevaar was om uitgeskakel te word.

“Sekeres het hulle soos aasvoëls gedra,” het iemand op Facebook geskryf. “In plaas daarvan om aan almal te dink het hulle kos en toiletpapier gegryp en dit weggesteek.

“Sies! Ek sou nooit so iets oorleef nie. Sien uit daarna om te sien wat gebeur.”

Iemand anders sê: “Sit 50 mense in ’n klein huis en kyk hoe die hel losbars. Almal gaan anders optree. Dit gaan oor survival en om die prysgeld te wen, maar dit kan ook teen jou tel. Interessant . . .”

Die eerste persoon wat die huis verlaat het, is Jaco (27) van Parow.

“Ek het besluit om te gaan, want ek was ’n bietjie geïrriteerd met die mense,” sê hy.

“Ek het nie eintlik slaapplek gehad nie. Dit was oukei vir ’n rukkie, maar die mense is nogal ’n bietjie loud.”

’n Huiskaptein word uit die groep gekies om die kosaankope en algemene dissipline te hanteer en ook om te besluit wie uitgestem gaan word. Die kaptein kry ook sy/haar eie kamer en kan kies wie hulle innooi.

Jacolene (40) van Vanrhynsdorp is aangewys as die eerste huiskaptein, en sy moes in verlede week se episode sewe mense uitstem. Sy het Nirvana, Sarita, Keith, Lorista, Joey, Wame en Kanyaisa uitgestem.

Die program word Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Heruitsendings is op Vrydae om 18:00 en weer Saterdae om 22:00.

Meer oor:  Via  |  Werklikheidsreeks  |  Trap! Dis My Huis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.