Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Die Byl 3’ kom Dinsdag en 4de reeks ook op pad

Nie net begin die derde reeks van die kykNET-drama Die Byl Dinsdag nie, die vierde reeks word reeds verfilm.

Kol. Piet van der Bijl, oftewel Byl (Waldemar Schultz), en sy span is terug nadat twee van sy kollegas gesterf het weens ’n man wat wou wraak neem oor iets uit Byl se verlede.

En terwyl Byl en die ander dink dié man (Laudo Liebenberg) is dood, leef hy nog.

Byl voel verantwoordelik vir alles wat gebeur het.

“Toe ek gevra is oor die skryf van ’n derde en ’n vierde reeks, was ek nie mooi seker hoe ons vorentoe sou beweeg nie,” sê Leon Kruger, draaiboekskrywer.

“Maar toe dink ek: Kom ons kyk na Byl se binnewêreld. Waarom is hy soos hy is? Waarom kan hy en Nicky (Milan Murray) nie by mekaar uitkom nie? (Hulle het voorheen ’n verhouding gehad.) En hoekom is Byl so erg oor kinders?”

In die derde reeks is die vraag: Wie in Byl se lewe word nou bedreig?

In die vorige reeks was dit Juan (Marvin-Lee Beukes), wat oorleef het, maar hy herstel steeds – ook sielkundig.

Die Byl
Waldemar Schultz as kol. Piet van der Bijl in 'Die Byl'.

“Mettertyd het die storie hom vanself begin vertel,” sê Kruger. “Die karakters is almal so gevestig.”

Akteurs soos Eric Nobbs, Lika Berning, Milan Murray en Trudy van Rooy is weer te sien.

“Ek het alreeds ’n paar dinge in reeks 3 ingewerk vir reeks 4,” sê Kruger. “Daar is ook ’n stom meisie wat ek nou van episode 1 af in die storie plant, wat ’n kardinale rol in Byl se lewe speel, hoewel sy nie kan praat nie.”

Kruger kyk gewoonlik eers na die oorhoofse storielyn wanneer hy skryf.

Lika Berning en Waldemar Schultz in ‘Die Byl’. Foto: kykNET

“Daarna fokus ek individueel op elke episode. Die buitelyne van die oorhoofse storie is reeds daar en dit moet stelselmatig vertel word terwyl elke episode met ’n ander moord te doen het.

“Daar is baie van hierdie siek ouens daar buite. As jy ver genoeg navorsing doen, kom jy op ’n klomp goed af, dinge wat nie noodwendig gepubliseer word nie. En ’n mens gesels met die polisie en speurders. Hulle is baie nice. En hulle is aanhangers van die reeks.”

Liezel Spies en Jaco Smith is die regisseurs.

Kruger doen die regie van twee episodes in die vierde reeks.

Die Byl word Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Moord  |  Televisie  |  Speurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.