Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Die koevert’ van VIA bou ketting van liefdadigheid

Dit was vir die aanbieder en model Marciel Hopkins kosbaar om die kinders te sien wat gevoed sal word danksy ’n skenking van R10 000 in die eerste episode van die VIA-reeks Die koevert.

Dié reeks, wat Donderdag (9 Julie) begin het, fokus op liefdadigheid. In elke episode word ’n koevert met R10 000 aan ’n gemeenskapslid gegee. Daar is ook ’n tweede koevert wat die gemeenskapslid dan aan ’n ander weldoener moet gee en so gaan dit aan.

Marciel HopkinsFoto: VIA

Mense soos die Springbok-rugbyspeler Cheslin Kolbe, die aktrise Donnalee Roberts en die Protea-krieketspeler JP Duminy verskyn ook in die reeks.

Hopkins het die Hanna Charity-stigting vir liefdadigheid en bemagtiging in Stellenbosch gekies.

“Dit maak my supergelukkig om te weet dat die geld direk na mense in nood gaan en na mense wat regtig die ondersteuning nodig het gedurende hierdie onsekere tyd.

Sy het haar twee koeverte aan Johan de Jager, besturende direkteur van Hanna Charity in die Wes-Kaap, gegee. Dit is ’n nieregeringsorganisasie wat die aktrise Hanna Grobler gestig het.

Johan de JagerFoto: VIA

“Ek het soveel dankbaarheid ervaar in daardie oomblik toe ek die koevert aan Johan oorhandig, al speel ek eintlik só ’n klein rol in die proses,” sê Hopkins.

“Dit was wonderlik om vir die gemeenskap van Smartie Town in Stellenbosch deur middel van ’n ongelooflike organisasie soos Hanna Charity te kon teruggee.”

Hopkins is reeds twee jaar lank die organisasie se ambassadeur.

“Ek staan dikwels verstom oor al die wonderlike werk wat hulle in die Smartie Town-gemeenskap vermag. Daar is onder meer voedingskemas wat honderde kindertjies elke dag van die week gedurende die inperking kos gee, terwyl baie ouers nie kon werk en ’n inkomste verdien nie.”

Hajiera ArnoldsFoto: VIA
Laetitia SolomonsFoto: VIA
Laetitia SolomonsFoto: VIA

Grobler inspireer Hopkins om nood raak te sien.

“Sy het klein begin deur om te gee vir ander wat minder bevoorreg is,” sê Hopkins.

“En vandag maak haar organisasie ’n reuseverskil in duisende mense se lewe oor Suid-Afrika heen.”

De Jager het die ander koevert wat hy by Hopkins gekry het aan Hajiera Arnolds, ’n weldoener in Cloetesville in Stellenbosch, gegee.

Sy het self ook ’n tweede koevert gekry en sy het dadelik geweet sy wil dit aan Laetitia Solomons, mede-eienaar van die Uncle Solly’s-taxi-onderneming, oorhandig.

* Die koevert word Donderdae om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Dit word in samewerking met Netwerk24 aangebied. Besoek die artikel op Netwerk24 en benoem ’n persoon of organisasie wat ’n verskil in die gemeenskap maak in die kommentaarafdeling. So staan u die kans om R2 000 aan hulle te skenk.

Meer oor:  Via  |  Marciel Hopkins  |  Cloetesville  |  Stellenbosch  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.