Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Die koevert wat vreugde versprei

Kinders met gestremdhede en mense wat weens die gevolge van Covid-19 honger gaan slaap, is in episode 9 van die TV-reeks Die koevert die ontvangers in ’n dankie-sê-ketting.

Ingrid Jones Foto: Retha Bornman

Soos alle vorige episodes begin die ketting met ’n bekende wat die voorreg het om die eerste twee koeverte met R10 000 elk te oorhandig. Ingrid Jones, die aanbieder van die TV-program Tussen ons, sê vandat sy in hul kerk van die Michael Parks-stigting gehoor het, lê dit haar na aan die hart.

Joanie Fredericks Foto: Retha Bornman

Parks het Down-sindroom en toe sy ma, Celeste Parks, besef wat die gestremdheid behels, het sy die stigting tot stand gebring om ander ouers met downsindroomkinders te help.

Celeste is intussen oorlede, maar Michael en die stigting leef nog. Vrywillige werkers hou die stigting aan die gang, onder andere die voorsitter, Eddie Andrews, wat gereed gesit het vir die verrassingsbesoek nadat hy die vorige dag ’n oproep van Via ontvang het.

Eddie Andrews Foto: Willemien Engelbrecht

Andrews het Jones inligting oor die stigting gegee en gesê hul groot begeerte is om ’n voertuig aan te skaf waarmee die kinders na en van die skool vervoer kan word. Hy was stomverbaas toe hy ’n hele R10 000 uit die swart koevert trek wat reguit spaarvarkie toe gaan vir die begeerde voertuig.

Toe hy die tweede koevert oopmaak, ook met R10 000, wat hy vir ’n volgende behoeftige moet gee, het hy dadelik aan Nicci Ripepi gedink. Sy het ’n soortgelyke stigting begin toe sy die lewe aan ’n outistiese kind geskenk het.

Nicolette Ripepi Foto: Willemien Engelbrecht

Haar skeptisisme terwyl Andrews gesels, staan oor haar gesig geskryf, maar maak vinnig plek vir ongeloof wanneer sy die R10 000 in die koevert aanskou.

Met die tweede verrassing, nog R10 000, is sy reguit na Joanie Fredericks. Dié vrou van Tafelsig in Mitchells Plain het uit haar eie honger mae in die inperkingstyd begin vul en sê sy is op haar gelukkigste as sy kan gee. Maar sy ontken nie dat hierdie tasbare vorm wat sê “ons sien wat jy doen” laat haar nogal “chuffed” voel.

  • Die koevert word Donderdae om 18:00 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Die program word in samewerking met Netwerk24 aangebied. Jy staan ook ’n kans om R2 000 aan ’n persoon of organisasie, wat ’n verskil in die gemeenskap maak, te oorhandig. Al wat jy moet doen, is om hulle in die kommentaarafdeling van hierdie berig te benoem.

Meer oor:  Via  |  Liefdadigheid  |  Die Koevert  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.