Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
DIE KONTRAK: Demi Lee is die wenner!
Demi Lee Moore tydens die kleedrepetisie van AIG. Foto: Albert Bredenhann - Pixel Pro

Die Durbanviller Demi Lee Moore (28) is op 23 November op die Afrikaans is Groot-verhoog by die Sun Arena in Pretoria gekroon as die wenner van VIA (DStv-kanaal 147) se musiektalenkompetisie Die Kontrak. Sy slaan ’n platekontrak van een miljoen rand met Coleske Artists, die grootste onafhanklike Afrikaanse platemaatskappy, weg.

Demi Lee se loopbaan as ’n Coleske Artists-kunstenaar begin as’t ware daar en dan op die Afrikaans is Groot-verhoog. Haar album “Mis eet slap herhaal” is nou landwyd by Musica-winkels beskikbaar. Die musiekvideo vir haar gelyknamige enkelsnit kan tans eksklusief op die JOOX-app gestroom word.

Kyk die lusmakervideo:

Stroom die volle video nou op die JOOX-app. Klik hier.

Ivan Roux.

Die Kontrak se naaswenner, die Pretorianer Ivan Roux (28), stap egter nie met leë hande huis toe nie. Sy album “Daai ding” is nou ook by Musica-winkels landwyd te koop en die musiekvideo vir sy gelyknamige enkelsnit kan is ok stroombaar op die JOOX-app. Alhoewel hy nie die miljoenrand-platekontrak by Coleske Artists losgeslaan het nie, sal hy steeds deur dié platemaatskappy bestuur word.

Kyk die lusmakervideo: 

Stroom die volle video nou op die JOOX-app. Klik hier.

Aanhangers van Die Kontrak kan Woensdag 28 November inskakel om die groot wen-oombik te beleef én om ’n agter-die-skerms-blik by die eerste Afrikaans is Groot-konsert van 2018 te kry.

  • Nuwe episodes van Die Kontrak word elke Woensdag om 20:00 uitgesaai met heruitsendings op Vrydae om 19:00, Saterdae om 21:00 en Sondae om 18:00. Die JOOX-app is die amtelike stoomvennoot van Die Kontrak.
Meer oor:  Via  |  Demi Lee Moore  |  Ivan Roux  |  Die Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.