Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Die Kontrak’ is glo beter en groter as in 1ste reeks

Die Kontrak, die realiteitsreeks waarin nuwe sangtalent gesoek word, is gereed om vanjaar net nog beter en groter as die eerste reeks te wees.

Volgens Barry Pretorius, een van die kenners wat in die eerste reeks verskyn het, het dit baie goed gevaar en televisiekykers was mal daaroor.

Die sangeres Demi Lee Moore is in dié reeks ontdek en sedertdien is sy een van ons Afrikaanse supersterre.

Nog goeie nuus is dat die nuwe reeks op eTV uitgesaai gaan word.

“Dit beteken ons bereik soveel meer mense in die land, want ’n mens hoef nie DStv te hê om by eTV in te skakel nie,” sê Pretorius.

Demi Lee Moore pas nadat sy gehoor het dat sy die wenner in die eerste reeks van Die Kontrak is.

Die formaat van die program gaan presies dieselfde bly – die eienaar van Coleske Artists, Arnold Coleske, gee vier mentors twee kontrakte en daar word van hulle verwag om die beste kandidate te gaan soek. En dan begin die uitklop-rondes en die een kontrak ná die ander word opgeskeur.

“Dis ernstige sake en hoogs spannend wanneer die twee agter die verhoog staan van die jaarlikse Afrikaans is Groot-musiek-ekstravaganza. Die laaste kontrak word net daar opgeskeur en die wenner van die kontrak stap dan op die verhoog en tree voor die massas op,” sê Pretorius, wat ook die regisseur van Afrikaans is Groot is.

Vanjaar is die mentors Refentse Morate, Hemelbesem, Monique Steyn en Karlien van Jaarsveld.

Deelnemers kan vanaf 1 Mei begin inskryf – neem jou musiekvideo met jou selfoon op en gaan plaas dit op Die Kontrak se Facebook-blad.

Hou Facebook dop, want die volgende twee weke gaan daar lekker goed op Die Kontrak se bladsy volg – van lekker vraag-en-antwoord-artikels, handleidings hoe om jou kanse te verbeter om die musiek-kontrak te kry.

Die drie kenners wat hul wenke en opinies oor die deelnemers lewer, is Theuns Jordaan, Corlea Botha en Barry Pretorius.

Meer oor:  Demi Lee Moore  |  Barry Pretorius  |  Reeks  |  Televisie  |  Die Kontrak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.