Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Dié nuwe komedie sal jou laat skater, Belinda

Is jy op soek na ’n lekkerlag-komedie om op ’n Maandagaand te kyk? Skuif dan reg, want ’n reeks prominente Afrikaanse akteurs snoer kragte saam vir ’n opwindende nuwe kykNET-komedie, Lui maar op, Belinda, wat binnekort op die kassie sal wees.

Die wel en weë van die karakters in die komedie speel in George af waar die noodlot hul saamgebring het by ’n algemene handelaar.

Duncan Johnson (Ian), Carmen Maarman (Maggie), Wian Taljaard (Dirkie), Brümilda van Rensburg (Belinda), Annelisa Weiland (Annetjie) en Eric Nobbs (Frans).

Brümilda van Rensburg vertolk die rol van Belinda Swanepoel, ’n eertydse Afrikaanse aktrise, wat meer voor die spieël is as voor haar kasregister.

Van Rensburg speel teenoor Annelisa Weiland, veral bekend vir haar rol as Hilda in die Afrikaanse sepie 7de Laan. Weiland vertolk die rol van Annetjie Nel, ’n militaristiese en konserwatiewe bakster wat haar meer bemoei met die winkel se sake as met die koek van die dag.

Brümilda van Rensburg

Dit is die eerste keer dat Van Rensburg en Weiland, wat veral bekend en geliefd geraak het vir hul onderskeie sepierolle (Van Rensburg vir haar rol as Louwna Edwards in Egoli en Jana du Preez in Binnelanders), saam in ’n televisiereeks te sien is.

“Belinda lyk en voel nie soos ’n bejaarde nie,” sê Van Rensburg oor haar rol.

“Sy’s stylvol, ekspressief en dramaties. Almal betrek haar altyd wanneer daar gejok moet word, want sy kan dit doen sonder om te blik of te bloos – én sy geniet die toneelspel.”

Benewens Van Rensburg en Weiland gaan verskeie bekende akteurs soos Marion Holm, Denise Newman, Therese Bam en Hannes van Wyk gasverskynings maak.

Die reeks van 13 episodes begin op Maandag 8 Julie om 20:30.

Annelisa Weiland

“Die lekker hegte Ian-en-Ander (die naam van die handelaar)-familie wat ons is, sal vir kykers uitstaan,” sê Van Rensburg,

“Die pret, die deernis en die hoop waarmee ons almal saamleef, asook die seer van ons eie tekortkominge wat ons leer om mekaar te aanvaar, is uniek aan die stuk.”

Die hoofskrywer van Lui maar op, Belinda is Chris Vorster, terwyl die opkomende skrywer Marcel Spaumer met die storie-idee vorendag gekom het. Die aktrise Desiré Gardner van Suidooster-faam en Wessel Pretorius is die medeskrywers.

Die regisseur is Corné van Rooyen, wat die regie vir flieks en reekse soos Hollywood in my huis, Vaselinetjie, Liewe Kersfeesvader en Alles Malan behartig het.

Lui maar op, Belinda word in Atlantic Studios in Kaapstad verfilm wat ook die tuiste van kykNET-reekse soos Suidooster, Kokkedoor, Tussen ons en Kwêla is. Homebrew Films is die vervaardiger.

Ander name wat in die komedie te sien is, is Eric Nobbs (Frans), Duncan Johnson (Ian) en Carmen Maarman (Maggie). Dit is ook die jong akteur Wian Taljaard (Dirkie) se eerste groot rol in ’n televisiereeks.

Meer oor:  Kyknet  |  Brümilda Van Rensburg  |  Annelisa Weiland  |  Vermaak  |  Tv-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.