Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Dié ‘pa’ is egter mal oor sy branderplank en fiets

Die akteur Ivan Zimmermann vind dit ironies dat sy karakter in die kykNET-sepie Suidooster sy seun se liefde vir branderplankry en die buitelewe allermins goedpraat.

Ivan Zimmermann in ‘Suidooster’. Foto: Suidooster

“Want dít is omtrent al waaroor ék praat,” sê Zimmermann, wat ’n paar weke as Willem, Justin (Eden Classens) se pa, in die sepie te sien is.

Zimmermann, wat ook onlangs in die kykNET-drama Alles Malan verskyn het, is mal oor die buitelewe.

Hy is tuis op sy branderplank en op sy fiets.

Ivan Zimmermann

Hy het van Kaïro na Kaapstad en later van Beijing tot in Istanbul fiets gery en beplan reeds sy volgende tog.

“Willem is heeltemal anders,” sê hy.

“Dis ’n groot teenstelling. Daar is ’n toneel waarin Willem vra hoe lank kan ’n mens nou praat oor musiek en surf? Ek het al boodskappe van vriende gekry, want hulle weet waaroor ek graag gesels.

“Hy glo Justin gooi sy lewe weg om as ’n kelner in die Kaap te werk. Hy wil hê Justin moet teruggaan Johannesburg toe. Willem is ’n hoogs suksesvolle prokureur in een van die grootste prokureursfirmas.”

Die struweling is te wyte aan Willem en Justin se verskillende beskouings van sukses.

“Vir Willem het sukses altyd ’n monetêre waarde,” sê Zimmermann.

“Hy probeer Justin wys waarop hy uitmis. Ek dink kykers herken nogal hierdie dinamika tussen ’n ouer en ’n kind.”

Eden Classens
Ivan Zimmermann en Eden Classens vertolk ’n pa en seun in ‘Suidooster’. Foto: Suidooster

Dit is vir Zimmermann ’n interessante ervaring om ’n pa te speel. Hy het ook ’n pa in Alles Malan vertolk.

“Daar is ’n ander diepte aan so ’n rol. Die leiding en die verantwoordelikheid van ’n pa. Ek het my pa of ander pa’s wat ek ken as maatstaf gebruik.”

Zimmermann het voorheen in die sepies 7de Laan, Villa Rosa en Egoli: Plek van goud verskyn.

“Koert (in Egoli) was ’n lekker karakter. Ek het vrye teuels met hom gehad. ’n Sepie is nog steeds vir my een van die vreesaanjaendste mediums. Die pas is verskriklik vinnig en ’n mens skiet vier of vyf tonele ’n dag.”

Zimmermann se tonele was klaar verfilm voordat die staat van inperking weens die Covid-19-pandemie aangekondig is.

Suid-Amerika in vir sy volgende fietsry-ekspedisie in sy visier. “Van die noorde tot die suide.”

Die pandemie bemoeilik egter tans sy beplanning daarvan.

“Ja, ’n mens wens eintlik jy kan weer op jou fiets ry en blikkies kos insamel soos met die Can-A-Kilo-projek waarmee ons te fiets 30 000 blikkies kos ingesamel het. ’n Mens kan in hierdie tyd egter wel aan baie planne werk.”

* Suidooster word weekdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Sepies  |  Televisie  |  Suidooster  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.